Wie's hier?

Ons het 30 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag90
mod_vvisit_counterGister197
mod_vvisit_counterHierdie week287
mod_vvisit_counterVerlede week1462
mod_vvisit_counterHierdie maand5022
mod_vvisit_counterVerlede maand6723
mod_vvisit_counterAlle dae526438

Aanlyn (20 minute gelede): 3
Jou IP: 54.198.205.153
,
Today: Sep 24, 2018

NHK-logoDie Sentrum vir Gemeentelike Bediening het op 12 April 2018 'n werkswinkel aangebied oor 'n waarderende ondersoek as instrument om gemeentes te help om hulle bestaansdoel te ontdek/herontdek.  Na vele navrae, is besluit om dit vir 'n tweede keer aan te bied.  

 

Dit is 'n handige lens vir die bestuur van verandering in die gemeente/Kerk:

 

Wat is ‘n waarderende ondersoek?

 

’n Waarderende ondersoek is die studie en ontdekking van wat lewe gee aan menslike sisteme as hulle op hul beste funksioneer.  Dit word gebaseer op die aanname dat vrae en gesprekke oor sterk punte, suksesse, waardes, hoop en drome die gemeente opgewonde kan maak en grondig kan verander.

 

Dit is waarderend omdat dit dankbaar erkenning en waardering gee vir positiewe dinge in die gemeente.

 

Dit is ondersoekend omdat dit nuwe moontlikhede verken en ontdek.

 

’n Waarderende ondersoek wil nie die gemeente analiseer en uiteindelik tot ’n bepaalde diagnose kom nie. Die uitdaging is nie om ’n probleem te identifiseer en met ’n fyn uitgewerkte strategie reg te stel (fix) nie.

 

Waarderende ondersoek werk deur die aandag te vestig op die organisasie se mees positiewe potensiaal – its positive core– en dié kern te gebruik vir grondige verandering en volhoubare suksesse.

 

Ontdekking

 

Wat is daar in die gemeente wat reeds goed werk?

 

Droom

 

Wat kan daar nog wees?

 

Ontwerp

 

Wat moet daar wees om dié droom te bereik? 

 

Implementering

 

Wat gaan ons doen om dié drome te bevestig en te onderhou? 

 

Hoekom werk waarderende ondersoek?

 

*        Dit bou verhoudings wat mense in staat stel om in verhoudings geken te word en nie net in rolle nie.

*        Dit verskaf ’n geleentheid vir mense om gehoor te word.

*        Dit verskaf ’n geleentheid vir mense om te droom en hul drome te deel.

*        Dit skep ’n omgewing waar mense kan kies hoe hulle ’n bydrae kan maak.

*        Dit gee mense sowel die diskresie as die ondersteuning om op te tree.

*        Dit bemoedig en bemagtig mense om positief te wees.

 

Bovermelde werkswinkel vind op Donderdag 18 Oktober 2018 vanaf 09:00 tot 15:30 te Gemeente Philadelphia (Lunnonstraat 127, Hillcrest) plaas, en word aangebied deur dr JC van der Merwe.  U verdien ses VBO-krediete vir die bywoning daarvan.  

 

‘n Registrasiefooi van R100.00 is betaalbaar wat verversings en 'n middagete insluit.  Om u plek te verseker word u vriendelik versoek om Karen Breedt ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ) teen 4 Oktober 2018 skriftelik in kennis te stel dat u van voorneme is om die werkswinkel by te woon, en die betaling elektronies te doen:  

 

Bank:                           ABSA

Rekeningnaam:           Raad van Finansies

Rekeningnommer:      020-000-287

Takkode:                      632-005

Verwysing:                  16SGB, Van, Voorletters, Waarderende Ondersoek

Byvoorbeeld:             16SGB Labuschagne FJ Waarderende Ondersoek

 

Die bewys van betaling moet gestuur word aan Anthea van Heerden by  Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of faksnommer 086 633 2913.  

Add comment


Security code
Refresh