Wie's hier?

Ons het 46 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag9
mod_vvisit_counterGister294
mod_vvisit_counterHierdie week905
mod_vvisit_counterVerlede week1556
mod_vvisit_counterHierdie maand3096
mod_vvisit_counterVerlede maand5760
mod_vvisit_counterAlle dae517789

Aanlyn (20 minute gelede): 3
Jou IP: 54.156.85.167
,
Today: Aug 15, 2018
AddThis Social Bookmark Button

Die Kerk verbind homself tot uitnemendheid, en die beginsels van goeie en effektiewe korporatiewe beheer.  Die Kerk is besig om toe te sien dat elke vlak van bestuur en beheer in pas is met internasionale beste praktyke en in lyn gebeur met die King IV-kode. Laasgenoemde sluit verskillende kwessies van interne leierskap en korporatiewe burgerskap, oudit- en risikokomitee, gevolglik die bestuur van risiko's, inligtingstegnologie, nakoming van statutêre verpligtinge,  standaarde, interne oudit, geïntegreerde verslagdoening en openbaarmaking in. 

Die King IV-kode oor korporatiewe beheer vir Suid-Afrika stel 16 beginsels of praktyke wat alle instellings/organisasie verbind tot die handhawing van die hoogste standaarde van integriteit en etiese beginsels in sy interaksie met alle belanghebbendes.  King IV verbind korporatiewe burgerskap met etiese leierskap, professionele optrede, integriteit en 'n nie-kompromitterende houding.  

Ten einde toe te sien dat effektiewe korporatiewe beheer in lyn met King IV gebeur, word u vriendelik versoek om die Sentrum vir Gemeentelike Bediening se werksessie opVrydag 31 Augustus 2018 om 09:00 te NHKA Gemeente Philadelphia (Lunnonstraat 127, Hillcrest) by te woon.  Die NHKA is bevoorreg om die werksessie onder leiding van br Gert van Wyk (B.Com; B.Com Hons; M.Com) te hou.  Hy is behoorlik geakkrediteer en geregistreer by nasionale en internasionale institute wat op voldoening, handhawing van rekenkundige beginsels en beheer betrekking het.

Gert van Wyk ('n volledige CV is op versoek by ondergetekende beskikbaar) is uiters bekwaam en onderlê om al die aspekte wat op King IV-kode, voldoening en risikoprosesse betrekking het, op hoë vlak met almal teenwoordig deur te werk. Genoeg tyd sal afgestaan word aan bespreking en gesprek aangesien King IV daarop gemik is om prakties en funksioneel te wees.    

Die program vir die werksessie is as volg:

WERKSESSIE INSAKE KORPORATIEWE BEHEER EN KING IV

08:30 tot 09:00

Registrasie

 

09:00 tot 09:15

Verwelkoming

Frikkie Labuschagne

Sessie 1:  09:15 tot 10:15

Korporatiewe burgerskap

Gert van Wyk

Sessie 2:  10:15 tot 11:30

King IV-kode

Gert van Wyk

11:30 tot 11:45

Koffie en tee

 

Sessie 3:  11:45 tot 12:30

Voldoening en risikobestuur

Gert van Wyk

12:30 tot 13:00

Vrae en bespreking

 

13:00 tot 14:00

Middagete

 

‘n Registrasiefooi van R200.00 is betaalbaar wat verversings en 'n middagete insluit.  Om u plek te verseker word u vriendelik versoek om Karen Breedt (karen @ nhk.co.za) teen 27 Julie 2018 skriftelik in kennis te stel dat u van voorneme is om die werksessie by te woon, en die betaling elektronies te doen:  

Bank:   ABSA

Rekeningnaam:          Kerkgeld vir Kerkwerk

Rekeningnommer:      020-149-752

Takkode:         632-005

Verwysing:      KingIV, volledig voorletters en van, 2013K

Die bewys van betaling moet gestuur word aan Anthea van Heerden (rekeninge @ nhk.co.za) of faksnommer 086 633 2913.  

Predikante kan vyf VBO-punte deur hierdie werksessie verdien.  Die werksessie word wyd bekendgestel en beloof om van oral af bygewoon te word.  

 

 

Add comment


Security code
Refresh