Wie's hier?

Ons het 23 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag31
mod_vvisit_counterGister272
mod_vvisit_counterHierdie week1080
mod_vvisit_counterVerlede week1768
mod_vvisit_counterHierdie maand6689
mod_vvisit_counterVerlede maand7793
mod_vvisit_counterAlle dae577655

Aanlyn (20 minute gelede): 6
Jou IP: 184.73.14.222
,
Today: Apr 25, 2019

Die Nagraadse Diploma in Teologie (met spesialisasie in Missionale leierskap) is 'n geloofsonderskeidingsreis waar die Drie-enige God se roeping opnuut ontdek word vir jouself as geestelike leier, vir die gemeente waarin jy betrokke is en vir die gemeenskap waarbinne die gemeente funksioneer.  Die reis beoog om die bedieningsuitdagings van gevestigde kerke vanuit die oopwindende prespektief van missionale teologie en hermeneutiek te bedink. Kursusgangers se kapsiteit word gebou om hierdie nuwe styl van leierskap, akademiese dissipline en bedieningspraktyk aan te leer en in te oefen. Die uitkoms daarvan moet realiseer in die transformasie van ̓n Christendom-institutêre model van kerkwees tot ̓n dinamiese missionale model, oftewel van ̓n selfgesentreerde gemeente tot ̓n gemeente wat koninkryks-gemeenskappe vorm oor die verdelingslyne van ons samelewing

Kom word deel van 'n gestuurde studiereis!

  • Deel in die opwindende geleenthede wat in Suider-Afrika deur missionale transformasie ontvou.
  • Ervaar geestelike groei saam met mede-studente en dosente.
  • Kom drie maal per jaar vir ‘n week lank byeen.
  • Ervaar kruis-kulturele blootstelling en deel in die internasionale en ekumeniese samewerkingsooreenkoms van die "Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes".

Die program is daarop toegespits om leiers in Suider-Afrika toe te rus om hul geloofsgemeenskappe te lei in 'n kulturele transformasieproses. Dit kom neer op ̓n teologiese paradigmaverskuiwing wat veel ingrypender is as die aanleer van nuwe tegniese vaardighede.  Die aanbiedingswyse en leersituasie as sodanig en die navorsingstyl poog om die nuwe paradigma te beliggaam, te demonstreer en te fasiliteer. Leierskap word gesien as ̓n uitvloeisel van ̓n lewe in die Triniteit, van luister en dien en die skep van betroubare gemeenskap oor grense.

 

Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (Advertensie-Afr-2010-MDiv_Missionale_Leierskap.doc)Advertensie-Afr-2010-MDiv_Missionale_Leierskap.docInhoud van die kursus in Missionale Leierskap45 Kb