Wie's hier?

Ons het 27 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag117
mod_vvisit_counterGister225
mod_vvisit_counterHierdie week824
mod_vvisit_counterVerlede week1933
mod_vvisit_counterHierdie maand4478
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae601036

Aanlyn (20 minute gelede): 5
Jou IP: 34.229.113.106
,
Today: Jul 17, 2019

CABSA_logo

Omgee Christen gemeenskappe wat versoening en hoop bied in ‘n wêreld met MIV:

Verstaan die virus, die epidemie en die drywers daarvan, hoor God se stem en reageer omvattend en sinvol.

CABSA begelei en ondersteun Christen Gemeenskappe tot “MIV vaardigheid”of "MIV bekwvoegdheid" Ons funksioneer as ‘n inligtingsdiens met ‘n fokus op mobilisering, opleiding en netwerk.

Die Vigsepidemie word wêreldwyd gekenmerk deur stigma, onkunde en apatie. Die aantal mense wat geïnfekteer word bly hoog: Twee nuwe infeksies vir elke persoon wat toegang tot medikasie kry.

Hierteenoor is daar ‘n netwerk van gemeentes met gevestigde infrastruktuur dwarsoor Afrika. Daar is dus ’n wonderlike potensiaal vir kerke en Christene om deel van die oplossing van hierdie krisis te wees. CABSA help om hierdie potensiaal te ontsluit.

CABSA verhoog mense se MIV-bewussyn deur inligting beskikbaar te stel, leiers op te lei en gemeentes betrokke te maak. CABSA is betrokke by ‘n netwerk van inisiatiewe en steun talle prosesse om geloofsgemeenskappe te help om hul roeping in ’n wêreld met MIV te verstaan en uit te leef.

Ons werk vanuit kantore in Wellington (Wes-Kaap) en Randburg (Gauteng). Die CABSA verteenwoordigers in verkillende dele van Afrika is ons plaaslike stem. Ons vennote, AIDSLink en WorldVision, werk wêreldwyd. CARIS dienste is ook internasionaal beskikbaar.

CABSA het ’n klein kern van personeel en verskeie medewerkers, insluitend deeltydse verteenwoordigers, vrywilligers en individue aan wie verskillende take gekontrakteer word.

Verskeie deurlopende dienste word gebied: die webblad is 24/7 beskikbaar, ’n weeklikse Bybel boodskap en maandelikse nuusbrief word per e-pos aan intekenaars gestuur, navrae word tydens kantoorure beantwoord, materiaal word ontwikkel en versprei vir spesiale geleenthede soos Wêreld Vigsdag en Vigs Herdenkings Sondag. Geleenthede vir opleiding, werkswinkels en optredes word benut waar moontlik. CABSA fasiliteer verskeie werkswinkels, gefokusde opleidingsprogramme en het sprekers beskikbaar om by geleenthede op te tree.

CARIS (die Christian AIDS Resource and Information Service) verskaf kennis, inligting en hulpbronne om individue en organisasie te bemagtig om ‘n omvattende MIV diens te verskaf. CARIS sluit in ‘n uitgebreide webblad, drie aanlyn databasisse, ’n materiaal verspreidingsprogram, ‘n hulpbronsentrum, steun aan plaaslike hulpbronsentrums, nuusbriewe en die gebruik van sosiale media soos Facebook en Twitter.

CABSA is betrokke by ’n verskeidenheid aktiwiteite om die stem van hulle wat nie gehoor word nie duideliker te maak, beleid te beïnvloed, die rol van geloofsgemeenskappe in sekulêre omgewings sigbaar te maak en te verseker dat geloofsgemeenskappe ingeligte en bevoegde response op MIV kan lewer.

CABSA skep netwerkgeleenthede en gebruik bestaande geleenthede om geloof-response op MIV te versterk en sinergie met ander te ondersoek.

Deur al hierdie aktiwiteite verstaan geloofsgemeenskappe die epidemie, hoor hulle hul roeping en is hulle bevoeg om die regte dinge op die regte manier te doen.

CABSA is ’n geregistreerde NPO verantwoordelik vir sy eie befondsing. Befondsing sluit in donasies van individue en gemeentes, Christen organisasies, trusts en plaaslike-/internasionale donor organisasies. CABSA verskaf ook sekere dienste teen ’n fooi om groter finansiële onafhanklikheid te bewerkstellig.

U steun help CABSA om lewens en gemeenskappe te verander! Kontak ons vir inligting oor hoe om deur die Vriende van CABSA program gereelde steun te bied en kommunikasie te ontvang.

Gereelde finansiële steun deur die “1 in ’n 1000” program is besonder waardevol om volhoubaarheid te verseker, maar enige donasie is baie welkom.

Bank rekening besonderhede
 
Naam: “Christian AIDS Bureau”,
Bank: ABSA,
Rekening Nommer 910 467 4160 (Active saving account),
Tak:   Wellington (632005)

[1] “Why bother? Global Health and AIDS: Fighting for justice and equity” NORAD