Soek in vorige Kruisgewyse

Wie's hier?

Ons het 64 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag189
mod_vvisit_counterGister251
mod_vvisit_counterHierdie week1625
mod_vvisit_counterVerlede week1744
mod_vvisit_counterHierdie maand4277
mod_vvisit_counterVerlede maand6249
mod_vvisit_counterAlle dae538333

Aanlyn (20 minute gelede): 2
Jou IP: 54.235.48.106
,
Today: Nov 17, 2018
8/5 - Multi- & Inter-kulturaliteit

Een van die dominante temas in die Nuwe Testament is die oorbrugging van die kulturele en godsdienstige grensmure tussen Jood en heiden. Nie net het Jesus dit op verskeie maniere in sy bediening geïllustreer nie. Ook die verhaal van die kerk in Handelinge vertel van die oorbrugging van hierdie grense: Filippus by die Samaritane en die Ethiopiër, Petrus by die Italiaanse soldaat Kornelius, Paulus by die Asiërs en Europeërs.

Die eerste-eeuse kerk se grootste uitdaging was dus nie die Christologie en eskatologie nie, maar die insluiting van verskillende kulture in die geloofsgemeenskap. Paulus word juis gevange geneem (Hand 21-22) omdat hy weier om die boodskap van God se insluitende liefde vir heidene te kompromitteer.

Daarom bly dit waarskynlik steeds die grootste uitdaging in ons eie konteks om bruggemeenskappe te skep wat, op die reis na ’n ware Nuwe-Testamentiese geloofsgemeenskap, “terreur-vrye ruimtes” (Anthonie Verheule, soos aangehaal deur Frederick Marais in Padlangs www.communitas.co.za) vir interkulturele gesprek kan verskaf.

Die oorbrugging van kulturele verskille in multi- en interkulturele bedieninge, beteken natuurlik nie die negering van kultuur nie. Paulus doen juis moeite om wedersydse agting vir verskille te kweek (Rom 14), sonder om daarmee die droom van een nuwe mensheid prys te gee (Efes 2). Dit beteken wel dat ons bereid sal wees om God toe te laat om ons die innerlike grense van ons menswees te laat oorsteek na “die ander” toe.

Die voorblad, met ’n veelkleurige konseptualisering van Nico Simpson (www.claripics.com), simboliseer juis hierdie bereidheid om “eenheid in diversiteit te soek”. Die besondere uniekheid van ons geloofsgemeenskap, uit elke stam, taal, volk en nasie (Open 5), kom tot sy reg in die veelkleurige verryking wat ons onderskeie kultuuridentiteite aan die geheel gee.

In hierdie Kruisgewys fokus ons gevolglik op verskillende fasette van die multi- en interkulturele reis saam met en na mekaar toe (op Afrikaans, Engels en Vlaams!).

Onthou ook: die NG Kerk beskik oor ’n Forum for Intercultural Ministry (FIM) wat ten doel het om:

  • interkulturele bedieninge pastoraal te ondersteun;
  • materiaal vir interkulturele bedieninge te versprei (liturgieë, formuliere en so meer), en
  • as gespreksruimte te dien om relevante sake vir hierdie soort bedieninge te hanteer.

Die FIM-konferensie vir 2009 vind tussen 2 en 5 Februarie te Orchards Retreat Centre in Johannesburg plaas. Die tema is: Intercultural Ministry and Suburbia.

Gemeentes wat reeds met interkulturele bedieninge besig is, word genooi om die konferensie by te woon.

Gemeentes wat belangstel in so ’n bediening, word genooi om die opedag op 3 Februarie 2009 oor hierdie aangeleentheid by te woon.

Kontak dr Mark Rathbone by 082 771 0738 of Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .

’n CD-Rom met liturgieë en formuliere kan by Ryk Brink bestel word (082 825 1233).


8/4 - MIV/Vigs


8/3 - RASSISME


8/2 - KERKSPIEËL


8/1 - MISSIO DEI - VOLG OF VERDEDIG?


7/4 - PASTORAAT IN MISSIONALE GEMEENTES


7/3 - INHIBEER OF INSPIREER DIE KERK VROUELEIERS?


7/2 - PERSPEKTIEWE OP DIE ALGEMENE SINODE 2007


7/1 - HOE VER IS ONS MET KERKHERENIGING?


Add comment


Security code
Refresh