Wie's hier?

Ons het 27 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag112
mod_vvisit_counterGister225
mod_vvisit_counterHierdie week819
mod_vvisit_counterVerlede week1933
mod_vvisit_counterHierdie maand4473
mod_vvisit_counterVerlede maand8577
mod_vvisit_counterAlle dae601031

Aanlyn (20 minute gelede): 3
Jou IP: 34.229.113.106
,
Today: Jul 17, 2019

In hierdie program word leraars gehelp om binne ‘n teologiese konteks na te dink en vaardighede te ontwikkel met betrekking tot die volgende:

  • Storie:  Ontdek die kragtige impak van storie in die lewe van ‘n geloofsgemeenskap.
  • Vasgelooptheid:  Identifiseer vasgelooptheid in gemeentesisteme, verstaan hoe dit ontwikkel en leer hoe om daarmee te werk.
  • Verandering: Verstaan die impak van verandering op die gedrag van mense en leer hoe om leiding te gee in die midde daarvan.
  • Konflik: Verstaan hoe konflik ontwikkel en leer hoe om dit effektief te bestuur.
  • Verhoudings:  Verstaan die kompleksiteit van verhoudingsisteme in ‘n gemeente en leer hoe om ‘n gesonde omgewing vir saamwees en saamwerk te skep.
  • Self: Leer hoe om as leier gesonde self-definisie en –differensiasie te ontwikkel terwyl jy kontak behou met die verskeidenheid van verhoudingsisteme waarvoor jy verantwoordelik is.

Die kursus strek oor vier dae en word slegs deur SEED Educational Trust geakkrediteerde kursusfasiliteerders aangebied. Terwyl die kursus aanvanklik publiek aangebied is, het sinodes en kerkverbande veral in die jongste tyd daarvoor ‘n aanvraag gehad. Dit beteken dat prakties dat ‘n kerkverband, sinode, streeksinode of ring vir SEED Educational Trust nader en die reëlings word dienooreenkomstig getref.

Kontakbesonderhede

SEED Educational Trust beskik oor verskeie kursusfasiliteerders wat in verskillende sektore werksaam is. Die volgende persone werk veral binne kerklike konteks:

  • Frederick Marais
  • D avid Newby
  • Rene August
  • Japie Coetzee
  • Samuel Njenga
  • Danie van Tonder
  • Arnold Smit

SEED Educational Trust se kantore is in Rondebosch in Kaapstad waar Letitia Sullivan alle navrae sal beantwoord en kontakbesonderhede sal verskaf. Kontak Letitia by

  • Tel: 021 685-0542
  • E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Arnold Smit is ‘n trustee van SEED Educational Trust en neem oorhoofse verantwoordelikheid vir alle opleiding wat aangebied word. Kontak Arnold by

  • Tel: 083 301-8713
  • E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien