|
|
|
|
|
|
|
|
Gemeentedienste |
|
|
|
|
|
GDN se missie is om hulpmiddels vir gemeentes te help ontwikkel. Die netwerk van vennote het reeds 'n hele reeks hulpmiddels en dienste beskikbaar. Hieronder is 'n seleksie daarvan gelys.
- Laat ons weet as daar 'n diens of hulpmiddel is waarvan ons nie bewus is nie.
- Laat ons ook weet as daar 'n behoefte is waarvoor die netwerk 'n hulpmiddel of diens kan ontwikkel.
|
|
Dienste
|
|
|
Communitas en CFN lewer gespesialiseerde opleiding in fasiliteringsvaardighede. Heelparty sinodes het reeds 'n eie fasiliteringsdiens opgebou. GDN kan jou help om by die regte diens uit te kom.
|
|
|
|
|
|
Communitas, Excelsus, SBO en Shepherd het verskeie navorsingsgroepe. Nader hulle direk vir betrokkenheid. EGON onderneem godsdiens-sosiologiese navorsing aan die hand van die RSA sensus-data en Kerkspieël aan die hand van vraelyste wat onder NG gemeentes versprei word.
|
|
|
Bybel-Media is die publikasie arm van die NG Kerk. Bestellings kan direk van die webtuiste af gedoen word of by die telefoon nommer 0860 26 44 32.
|
|
|
Baie NG ringe reël al self hulle retraites. Communitas, Excelsus, SBO en Shepherd bied ook verskillende retraites aan en kan direk daarvoor genader word. Die Leierskap retraite wat vanuit 'n roepingsverstaan ontwikkel is, verdien spesiale vermelding.
|
|
|
Die Seisoen van Luister wen steeds veld in die NG Kerk. Veral die waardes van leerbaarheid, vertroue, deernis en openheid word al hoe meer sigbaar in die werkswyses van sinodes, ringe en gemeentes. Daar is reeds 10 publikasies vir gebruik in die Seisoen van Luister en nog 'n hele paar wat in die pyplyn is. Hou die tuisblad van GDN dop ...!
|