|
TIW onder leiding van Ryk van Velden help gemeentes met die toerusting van gemeenteleiers en lidmate vir interkulturele diens en getuienis binne gemeenteverband en in die gemeenskap.
Buigbaarheid in die programinhoud en aanbieding word nagestreef ten einde te verseker dat die toerusting aangebied, die behoeftes van die gelowiges in ʼn spesifieke konteks aanspreek.
Alhoewel TIW soms kursusse organiseer en adverteer, word voorkeur gegee aan toerustingsprogramme wat op versoek van gemeentes beplan en aangebied word.
|