
Die Seisoen van Luister het 'n eie webtuiste!
Gaan na www.seisoenvanluister.co.za en lees meer oor die produkte, prosesse, bronne en luisterverhale wat die Seisoen van Luister die afgelope paar jaar geskep het.
PowerPoint en Word hulpmiddel
Die Seisoen van Luister voorsien elke week 'n PowerPoint en Word hulpmiddel vir gebruik saam met die fokusteks van die Leesrooster se Preekriglyne wat Bybel-Media in samewerking met Communitas uitgee.
Die uitgangspunte is die volgende:
- Dit sluit direk aan by die Seisoen van Luister se kultuur, styl en metodiek.
- Dit sluit direk aan by die Preekstudies met Liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar.
- Dit gebruik visuele media en verhale om ‘n erediens-ervaring te skep waarin ‘n egte ontmoeting met God en mekaar kan gebeur.
- Dit skep ‘n Familie-vriendelike toepassing vir die erediens.
- Die projek word steeds met die heelhartige ondersteuning van Bybel-Media moontlik gemaak.
- Daarom kan ons die PowerPoints en Word-lêers steeds gratis beskikbaar stel.
Geskryf deur Chris van Wyk
|
10 April 2011
Posted in
Vennote -
Seisoen van Luister
Ons plaas die volgende 3 preekriglyne as 'n eenheid:
- Palmsondag - Psalm 31 - Psalm 31 sê duidelik dat geloof jou nie ellende spaar soos wat die voorspoedsteologie ons wil wysmaak nie. Geloof is nie net sigbaar in die suksesverhale van verhoorde gebede nie. Dit is ook sigbaar in die krag tot volharding wat dit gee as ’n gebed nie beantwoord word soos jy dit graag wil hê nie. Soos Proteas wat 'n veldbrand oorleef het, tekenend is van die lewe wat behoue bly ten spyte van, so is hierdie Psalm ’n waarborg van God se trou en sorg ten spyte van. Ons tye is in Sy hand, en Hy sorg dat ons die lewe behou te midde van lyding. PP 2003 -- PP 2007 -- Word
- Goeie Vrydag - Jesaja 52-53 - Uit die dood kom lewe … Jesaja 53:2 laat ons in geen twyfel oor die voorkoms van die dienaar van die Here nie. Hy was misvormd. Hy het nie skoonheid of prag gehad nie. Hy was verag en deur mense verstoot, ’n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie mense die gesig wegdraai. Tóg het daar uit die veragte dienaar genesing en herstel gekom. Uit die smeltkroes van die dienaar se lyding, het daar verrassende skoonheid en seën vir ons gekom! PP 2003 -- PP 2007 -- Word
- Paasfees - Kolossense 3 - Anders as die film Awakenings wat wentel om die tydelike verligting wat medisyne vir sekere post-enkefalitis pasiënte gee, gee geloof ons ’n Christus-awakening! Dit keer ons lewens radikaal om, permanent. Die lewensveranderende feite is dat ons saam met Christus uit die dood opgewek is, ons lewe saam met Christus verborge is in God en dat ons saam met Hom sal verskyn by sy wederkoms. Daarom moet ons die lewensveranderende opdragte gehoorsaam: om te strewe na die dinge daarbo, ons gedagtes op Hom te rig dat Hy ons lewenstyl bepaal. PP 2003 -- PP 2007 -- Word
As jy alles in een slag wil aflaai laai
hierdie zipfile af (4.4 MB). Geniet!
Geskryf deur Chris van Wyk
|
30 Maart 2011
Posted in
Vennote -
Seisoen van Luister
Gevorm deur die Gees met geestelike gewoontes
Die Seisoen van Luister het 10 preekriglyne beskikbaar gestel vir Pinkster 2011. Dit fokus op die werk van die Heilige Gees soos 'n mens dit in die verhaal van Barnabas in Handelinge lees. Sy verhaal word gekoppel aan die geestelike gewoontes wat in sy lewe en dié van die kerk sigbaar is. Die eksegetiese opmerkings en opsomming van die geestelike gewoontes is onmiddelik aflaaibaar. Die bemarkingspamflet sal 13 April beskikbaar wees, en die volledige preekriglyne en liturgieë 16 Mei. Daar is ook 'n Bybelstudieboek oor Barnabas (Bybel-Media) wat ná die tyd in kleingroepe gebruik kan word - 16 Mei beskikbaar.
Hier is skakels na die beskrywing van die hulpmiddels, geestelike gewoontes, die model van verandering waarmee gewerk word en someer:
Chris van Wyk