SEED Educational Trust
Die eertydse CFN (Church and Community Facilitation Network) staan nou bekend as SEED Educational Trust. Die werk waarvoor CFN in kerke en gemeenskappe bekend geword het, gaan onder die SEED vaandel egter volstoom voort. Die bekendste hiervan is die kursus in Fasiliterende Leierskap en die Gevorderde Kursus in Fasilitering.
|
18 Junie 2009
Posted in
Vennote -
SEED Educational Trust
Die kursus in Fasiliterende Leierskap is ‘n voorvereiste vir die Gevorderde Kursus in Fasilitering. Terwyl eersgenoemde beskikbaar is vir alle leraars wat ‘n nuwe paradigma van leierskap wil leer behoefen, is laasgenoemde bedoel vir diegene wat hulle fasiliteringsvaardighede wil verbeter of wat aktief by fasilitering betrokke wil raak. So het verskillende kerkverbande en/of sinodes binne kerkverbande al die program gebruik om ‘n interne fasiliteringspan op te lei. Hiervoor het SEED Educational Trust ‘n opleidings- en begeleidingsmodel ontwikkel om so ‘n span die basiese vaardighede te leer en hulle dan oor ‘n langer periode tot selfstandigheid te mentor.
Die program behels die volgende:
- Teoretiese raamwerk: Fasiliteerders leer om weg te beweeg van ‘n lineêre na ‘n sistemiese benadering in fasilitering en veranderingsbestuur.
- Instrumente en lense: Fasiliteerders leer om instrumente en lense te gebruik wat pas by ‘n sistemiese benadering in fasilitering en veranderingsbestuur.
- Prosesontwerp: Fasilileerders leer hoe om betekenisvol by ‘n gemeente betrokke te raak en die fasiliteringsreis saam met hulle te onderneem.
- Fasiliteringstyl: Fasiliteerders ontdek die rol en impak van persoonlike funksioneringsvoorkeure op die uitkomste van ‘n fasiliteringsproses.
Die kursus strek oor vier dae en word slegs deur SEED Educational Trust geakkrediteerde kursusfasiliteerders aangebied. ‘n Kerkverband of streeksinode wat ‘n fasiliteringspan tot stand wil bring, kontak SEED Educational Trust om die nodige reëlings daarvoor te tref.
Kontakbesonderhede
SEED Educational Trust beskik oor verskeie kursusfasiliteerders wat in verskillende sektore werksaam is. Die volgende persone werk veral binne kerklike konteks:
- Frederick Marais
- D avid Newby
- Rene August
- Japie Coetzee
- Samuel Njenga
- Danie van Tonder
- Arnold Smit
SEED Educational Trust se kantore is in Rondebosch in Kaapstad waar Letitia Sullivan alle navrae sal beantwoord en kontakbesonderhede sal verskaf. Kontak Letitia by
- Tel: 021 685-0542
- E-pos:
Arnold Smit is ‘n trustee van SEED Educational Trust en neem oorhoofse verantwoordelikheid vir alle opleiding wat aangebied word. Kontak Arnold by
- Tel: 083 301-8713
- E-pos:




