|
01 Oktober 2011
Posted in
Vennote -
Sentrum vir Kontekstuele Bediening
SENTRUM VIR KONTEKSTUELE BEDIENING
FAKULTEIT TEOLOGIE (UP)
in samewerking met
Sentrum vir Bedieningsontwikkeling
Excelsus
bied aan:
Jy word vriendelik uitgenooi na ons volgende geleenthede/kursusse vir voortgesette bedieningsontwikkeling. Vir detail kan jy die betrokke kursus op die webbladsy van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening (www.ccm.up.ac.za) oproep by Afrikaans >akademiese programme@.
|
OKTOBER |
JEUG OP ‘N MESPUNT
P002079
Doel van die kursus:
‘n Vaardigheidskursus met die fokus om jongmense wat weens hul omstandighede en keuses op die mespunt van die lewe staan pro-aktief en reaktief by te staan. Op alle vlakke van die jongmens se ontwikkeling, fisies, psigies, sosiaal en geestelik is daar aspekte wat ‘n beduidende invloed kan hê en wat maak dat jongmense keuses maak wat hulle op kort- en langtermyn beïnvloed. Begrip vir hierdie invloede en vaardighede om sulke jongmense by te staan word in hierdie drie dae oorgedra. ‘n Basiese kennis van berading word vereis.
Kursusleier: Dr Willem Semmelink
Plek en Datum:
Pretoria: 18 – 20 Oktober 2011
VERBEELDINGSBERADING Vlak 2
P001446
Doel van die kursus:
Om persone wat reeds 'n Vlak 1-kursus in narratiewe terapie voltooi het, bloot te stel aan 'n proses van selfontdekking met die oog op die versterking van 'n narratiewe identiteit en die gepaardgaande vaardighede
Kursusleiers: Prof Julian Müller en Dr Lourens Human
Plek: Word aan diegene wat inskryf deurgegee
Datum: 20- 23 Oktober 2011
BYBEL EN SY BOODSKAP
MODULE 1 A (4de herhaling)
Doel van die werkswinkel en kursus:
Die kursus, Bybel en sy Boodskap bestaan uit agt modules van 14 lesings elk en is bedoel vir gebruik in gemeentes se Bybelskole. Die kursus bestaan uit 1 module oor die hantering en verstaan van die Bybel, drie Nuwe testament en vier Ou Testament modules. Die invalshoek is die tydsgleuwe waarin Bybelboeke ontstaan het en hoe om Bybelmateriaal vanuit hierdie hoek te lees en die boodskap te verstaan. Die doel van die werkswinkel is om leraars en ander leiers op te lei om die materiaal in gemeentes te kan aanbied. Module 1 se bywoning is ‘n veresite om ook die ander modules aan te bied. Meer as 200 lidmate het reeds binne die eerste jaar by hulle leraars die kursus deurloop en sertifikate van UP ontvang.
Kursusleiers Module 1A: Die Bybel:ontstaan, karakter en hantering
Dr Gys Loubser en Dr Gustav Claassen
Plek en Datum:
Pretoria: 25 – 26 Oktober 2011
BYBEL EN SY BOODSKAP
Module 2 (2de keer)
P001834
Doel van die werkswinkel en kursus:
Die kursus, Bybel en sy Boodskap bestaan uit agt modules van 14 lesings elk en is bedoel vir gebruik in gemeentes se Bybelskole. Die kursus bestaan uit 1 module oor die hantering en verstaan van die Bybel, drie Nuwe testament en vier Ou Testament modules. Die invalshoek is die tydsgleuwe waarin Bybelboeke ontstaan het en hoe om Bybelmateriaal vanuit hierdie hoek te lees en die boodskap te verstaan. Die doel van die werkswinkel is om leraars en ander leiers op te lei om die materiaal in gemeentes te kan aanbied. Bywoning van Module 1 is ‘n voorvereiste vir die bywoning van hierdie module.
Kursusleiers Module 2: Prof Willem Boshoff en Dr Gustav Claassen:
TYDLYN: Pre-Ballingskap 1: Pre-Monargaal + Tyd van Verenigde Ryk
Plek en Datum:
Pretoria: 25 – 26 Oktober 2011
|
NOVEMBER |
JEUGBEDIENING
P000046
(Tweetalige Aanbieding)
Doel van die kursus:
Die bediening aan kinders en jongmense in Suid- en Suider Afrika is ‘n groot uitdaging. Deur hierdie kursus word leraars en ander jeugleiers opgelei en gemotiveer om ‘n effektiewe bediening aan klein kinders, tieners en jongmense te behartig binne die Suid- en Suider Afrikaanse konteks en as wesenlike deel van die plaaslike gemeente.
Kursusleier: Prof Malan Nel. Verskeie ander dosente: Ds Johan Avenant, Dr Zander vd Westhuizen, Ds Tienie Bosman, Dr Jan Grobbelaar, Hayley walker, Jean Geertsen, Ds Paul du Toit
Plek: Pretoria
Datums:
Week 1: 14 - 17 Nov 2011 Week 4: 16 -19 Junie 2012
Week 2: 30 Jan - 02 Feb 2012 Week 5: 17 – 20 Sept 2012
Week 3: 30 April - 03 Mei 2012 Week 6: Will be determined
Wie leef, leer. Wie leer, leef.
Jy is welkom as student by die Sentrum. Kontak ons gerus.
Ek hoop om jou in een van ons geleenthede vir voortgesette bedieningsontwiikkeling te sien.
Malan Nel
Direkteur: Sentrum vir Kontekstuele Bediening
Ferdi Clasen
Programkoördineerder: Excelsus
| < Vorige | Volgende > |
|---|




