Sentrum vir Kontekstuele Bediening
Dit is 'n algemeen bekende gesegde en ek glo dit is waar: lewenslange studies sal jou vry maak. Waneer jy ophou leer hou jy in meer as een opsig op met lewe. Dit is waaroor Christelike dissipelskap gaan: Om Christus te volg en van Hom te leer.
In hierdie sin is dit SKB se missie en passie. Dit is hier waar ons 'n verskil probeer maak. Ons wil hê dat mense in liefde, verstaan en bevoegdheid sal groei.
Mag jy iets vind wat jou kan help om in liefde, verstaan en bevoegdheid in die bediening te groei. Ons lei mense op in die bediening om God se mense te help om 'n verskil te maak waar hulle is: om goeie nuus binne konteks te doen en te wees .
Vir meer inligting sien ons brosjures vir 2009.
Malan Nel
|
16 April 2012
Posted in
Vennote -
Sentrum vir Kontekstuele Bediening
SENTRUM VIR KONTEKSTUELE BEDIENING
FAKULTEIT TEOLOGIE (UP)
in samewerking met
Sentrum vir Bedieningsontwikkeling
Excelsus
In hierdie Sentrum is dit ons passie om leiers op te lei wat weer ander kan help om waar hulle is 'n verskil te maak: om goeie nuus binne konteks te wees, te doen en te dra.
Jy word vriendelik uitgenooi na ons volgende geleenthede/kursusse vir jou voortgesette bedieningsontwikkeling. Vir detail kan jy die betrokke kursus op die webbladsy van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening (www.ccm.up.ac.za) oproep by Afrikaans >akademiese programme@.
Al hierdie kursusse is volwaardige sertifikaat kurssuse. Suksesvolle kandidate ontvang ‘n UP sertifikaat. Gevorderde Lang Kursusse kan deur persone met die nodige kwalifikasies (soos ‘n B graad in Teologie) as krediete vir nagraadse studie (honeurs en/of Magister by UP) aangebied word.
Volle erkenning vir deelname aan Voortgesette Bedieningsontwikkeling word gegee aan predikante wat dit binne hulle beroepsomgewing benodig.
|
MEI |
KREATIEWE VEROUDERING
P001832
Doel van die kursus
- Om die nodige kennis en vaardighede aan kursusgangers te voorsien om die
ouer persoon as lid van die gemeenskap beter te verstaan. - Om die bydrae en funksionering wat die multi- dissiplinêre span lewer, toe te lig.
- Om die kerk en die gemeenskap van ouer persone, hulle familie en ander
vrywilligers saam te snoer in ‘n span waar besin kan word oor eietydse
bedieningsmodelle.
- Om die kerk en die gemeenskap van ouer persone, hulle familie en ander
Kursusleier
Dr Elrisa Malan, Dr Karel Prinsloo en ander bekende dosente
Plek en Datum:
Pretoria: 08 - 10 Mei 2012
RADIOBEDIENING
P001599
Doel van die kursus:
In Suid-Afrika is ons in die gelukkige posisie dat daar steeds heelwat geleenthede is vir leraars om radio-boodskappe te lewer. Die huidige vereistes by die SAUK is dat leraars wat radio-boodskappe wil lewer, in staat moet wees om die radio as medium te benut. Daarbenewens moet hulle weet watter vereistes radio-prediking stel en die eiesoortige kenmerke van die radio as 'n kommunikasiemedium kan aanwend in hul voorbereiding en lewering van die boodskappe.
Hierdie kursus is daarop gerig om leraars en teologiese studente in staat te stel om met kundigheid die korrekte voorbereiding vir radio-uitsendings te doen en op innoverende en kommunikatiewe manier die radio te benut. Tydens die kursus word kursusgangers blootgestel aan alternatiewe wyses om die evangelie oor die radio te bring as net prediking.
Kursusleier
Dr Flip Loots
Plek en Datum:
Pretoria: 14 – 16 Mei 2012
|
JUNIE |
DIE GETUIENIS VAN AANBIDDING EN PREDIKING IN ‘N AFRIKA KONTEKS
P000042
(Tweetalige Aanbieding)
Doel van die kursus:
Prediking is een van die belangrikste maar tegelyk ook een van die mees uitdagende bedienings in die Kerk. Die doel van hierdie kursus is om leraars verder toe te rus en te motiveer om effektief te kommunikeer wanneer die evangelie binne die Suid-Afrikaanse konteks in die vorm van prediking oorgedra word. Die kursus is onder rekonstruksie en ontwikkel saAm met hierdie nuwe groep in ‘n 5 weke kursus wat ook as krediete vir ‘n gestruktureerde Magister kan geld (wanneer die nodige voorvereistes in plek is)
Kursusleiers: Prof Cas Wepener, Dr Nelius Steyn en ander dosente
Plek: Pretoria
Datums van Kontakweke:
Week 1: 18 – 21 Junie 2012 Week 4: 11 – 14 Maart 2013
Week 2: 17 – 20 Sept 2012 Week 5: 10 – 13 Junie 2013
Week 3: 26 – 29 Nov 2012
SEKSUALITEIT
P000309
(Tweetalige Aanbieding)
Doel van die Seminaar:
Baie mense in ons gemeenskap is fisies, verstandelik en emosioneel verwond as gevolg van seksuele mishandeling (molestering, verkragting, bloed-skande, ens). Die doel van hierdie seminaar is om leraars en ander beraders toe te rus om mense wat deur seksuele trauma gegaan het, 'n aborsie of miskraam beleef het of wat aan seks of pornografie verslaaf is (insluitend internetseks), by te staan en te begelei na 'n plek van genesing.
Kursusleier:
Dr Ilse Gravett
Plek en Datum:
Pretoria: 18 Junie 2012
Wie leef, leer. Wie leer, leef.
Jy is welkom as student by die Sentrum. Kontak ons gerus by , of besoek www.ccm.up.ac.za.
Ek hoop om jou by een van ons geleenthede vir voortgesette bedieningsontwikkeling te sien.
Malan Nel Andre Bartlett
Direkteur: Sentrum vir Kontekstuele Bediening Direkteur: Excelsus





