'n Netwerk van dienste aan gemeentes van die VGK Kaapland en die NGK Wes- en Suid-Kaapland
Missie:
Communitas begelei gemeentes in die ontdekking van hulle roeping en die ontsluiting van hulle gawesDie doel van die netwerk is geleë in die missie van Comunitas:
Communitas is ’n netwerk van kommissies van die VGK Sinode Kaapland en die NG Sinodes Wes- en Suid-Kaap en Oos-Kaap wat in lyn met die sinodes se missie, kapasiteit in gemeentes bou sodat gemeentes hulle roeping ontdek en hulle gawes ontsluit
Communitas bou kapasiteit deur begeleidingsdienste soos roepingsontdekking, bedieningsbeplanning ens in lyn met die Sinode en gemeentes se roeping.
Die volgende kommissies van die betrokke Sinodes het die inisiatief geneem om Communitas te stig en vorm deel van die Communitas-netwerk:- SKG (Verenigde Kommissie van die NG en VGK)
- GKS Kommissie vir Gemeenteontwikkeling
- Kommissie vir Vrouelidmate
- SKP (NG Kerk Wes- en Suid-Kaap)
- VBO (NG Kerk Wes- en Suid-Kaap)
- SJK en SCO
- Kuratoria (NG Kerk Wes- en Suid-Kaap)
- Sinodale kommissie Oos-Kaap
Hierdie lys kan uitbrei soos wat ander kommissies en rolspelers deel wil word van die netwerk.
Vertrekpunte in ons dienslewering:
Bogenoemde missiestelling impliseer oa die volgende vertrekpunte: - Gemeentes is nie die objek van ons dienslewering is nie, maar aktiewe medewerkings in die ontdekking van hulle roeping en die ontsluiting van hulle Godgegewe gawes.
- Communitas werk dus nie met ’n probleemoplossende benadering tov ons diens aan gemeentes en leraars nie, maar ’n waarderende of volwasse leer-benadering. Konkreet beteken dit dat die gemeentes, leraars en gemeenteleiers self oor die oplossings beskik en dat Communitas hulle help om dit te ontdek en te deel met ander gemeentes.
- Teologies beteken dit dat ons gemeentes sien as bewegings binne die kragveld van die Gees. Gemeentes is geskenke van God aan die wêreld wat as teken en voorsmaak van die Koninkryk instrumenteel kan wees in die realisering van God se sending in Sy wêreld.
- Ons glo dat die Gees aan gemeentes al die gawes en bronne gee om hulle missionêre roeping te realiseer. Communitas wil daarom met gemeentes netwerk om hulle by te staan in die proses van roepingsontdekking en -verheldering en die ontsluiting van hulle gawes.
Waardes
In die uitleef van ons missie sien ons die volgende waardes as rigtinggewend:
- Waarderende en leerbare ingesteldheid teenoor die gemeente
- Deernis & egtheid in ons begeleiding en ondersteuning van predikante en gemeenteleiers
- Uitnemendheid tov die kwaliteit van ons dienslewering
- Geloofsverwagting en –afwagting tov wat die Drie-enige God in en deur gemeentes kan doen
- Die stel van voortdurende uitdaging
- Onderlinge goeie verhoudinge
|
25 Januarie 2012
Posted in
Vennote -
Communitas

Communitas het ‘n baie besondere konferensie gehou met 'n fokus op Teologie in tye van Transisie, ter viering van die bydraes van Coenie Burger.
Hy was dié een teoloog wat ander ingenooi het vir ‘n voortgaande gesprek – nie alleen oor die dinamika van gemeentes nie, maar oor ‘n wye reeks van teologiese onderwerpe. Voortgaande gesprek is tiperend van Coenie se werk en leefstyl. Óf ons nou vergadering hou en óf ons net koffie drink, daar is altyd ‘n geleentheid om oor ‘n interessante nuwe teologiese tema gesprek te voer. Die gesprekke met Coenie is altyd verrykend, inklusief, uitdagend én voortgaande!
Coenie het ingestem vir die geleentheid op voorwaarde dat ons die konferensie so sal inrig dat ons nie net oor die verlede praat nie, maar saam onderskei oor die toekoms. Ons het dus teruggekyk oor die tydperk waarin sy loopbaan ontvou het, sodat ons saam kan vorentoe kyk!
Hier is nou 'n aantal van die bydraes van die konferensie, beide klankbane as Word en PowerPoint aanbiedinge. Geniet dit!
Vriendelike groete
Frederick Marais
Communitas-Bestuurder
BYDRAES
- Dialogue that promotes shared values.doc - Arnold Smit
- The Church and Community Development.doc - Eddie Orsmond
- Coenie and the art of conversation.doc - Marius Nel
- Some insights from Otto Scharmer on the subject of discernment.doc - Leon Venter
- Some insights from Otto Scharmer on the subject of discernment.ppt - Leon Venter
- Power polity and politics: Reflecting on innovating missional churches and the system that cares about them.mp3 - Pat Kiefert - 2.8 MB
- The Art of Creating Conversations.mp3 - Marius Nel - 1.3 MB
- The Church and Community Development.mp3 - Eddie Orsmond - 2 MB
- Closing remarks Day One - Pat Kiefert, Coenie Burger, Nico Koopman.mp3 - 5 MB
- On Confessions and boundaries.mp3 - Jurgens Hendriks - 3 MB
- Opening and creating inclusive conversation.mp3 - Nico Koopman - 2.1 MB
- Mission as Ecumenism.mp3 - Bruce Theron - 2.2 MB
- Perhaps Qohelet's reflections on wealth and poverty has something to say about ecumenism today.mp3 - Pieter van Niekerk - 2.1 MB
- Op weg na 'n spiritualiteitsmodel vir die herenigingsproses van die NG Kerkfamilie.mp3 - Danie Nel - 1.9 MB
Add new comment




