
Bybel-Media se funksie is om Christene vanuit die Woord van die Here toe te rus.
Dit is ons prioriteit om 'n vennoot vir die verskeidenheid aktiwiteite en dienste van die kerke in Suid-Afrika te wees. Vir dié doel ontwikkel ons gedrukte en elektroniese produkte, asook bedienings- en kursusmateriaal.
Ons webtuiste help besoekers om van al ons werksaamhede en produkte kennis te neem, en om gerieflik aanlyn aankope te doen.
Webbesoekers kan een van twee roetes kies:
- Besoek die e-winkel vir inligting oor 'n groot verskeidenheid Christelike boeke, CD's en DVD's en gebruik die portaal om direkte aankope te doen; of
- Besoek ons kursusse- en aktiwiteiteportaal vir inligting oor al die dienste, gemeente- en predikantehulp, kursusmateriaal en baie meer.
Jou vennoot in geloof en bediening is by www.bybelmedia.co.za

