ADD
ALGEMENE DIENSGROEP DIENS en GETUIENIS
Missie
Ons is geroep tot diens en getuienis in en vanuit Suider Afrika, om:
- dit waartoe God ons in en vanuit hierdie konteks roep, biddende en saam met ander te onderskei en te gehoorsaam.
- met deernis te luister na al die stemme wat uitroep om verlossing van sondes en bevryding van verslawing, vrees, honger, siekte, pyn, geweld, en onreg - lyding in alle dimensies,
- 'n profetiese stem te laat hoor en priesterlik diensbaar in die verligting van die nood van mense in al ons gemeenskappe te wees.
- ons ryk en diverse erfenis - tale, kulture, gawes, bydraes en die groot potensiaal van al die mense in Suider Afrika - te respekteer, uit te bou en te vier.
- in betekenisvolle vennootskapsverhoudinge met ander kerke, ekumeniese liggame en regerings- en nie-regeringsinstansies te tree
- en deur middel van respekvolle dialoog met mense van ander gelowe en oortuigings oor ons geloof in die Drie-enige God te getuig.
Kantoor
Die sekretaris vir Diens en getuienis is ds Willie van der Merwe
![]() |
Adres Posadres Tel: 012 342 0092 |
| Fokuasareas | |
![]() |
Roeping tot Diens en Getuienis |
![]() |
|
![]() |
|
![]() |
Wêreld Sendingprojekte |
![]() |
Vigsforum van die NG Kerkfamilie |
![]() |
Netwerke en Forums |
Samestelling
Die Algemene Diensgroep: Diens en Getuienis (ADD) word deur die Algemene Sinode saamgestel en bestaan uit:
- Een verteenwoordiger uit elke sinode van die NG Kerk (10 persone)
- Kundige persone op die terrein van Diens en Getuienis (10 persone)
- Een verteenwoordiger van elke teologiese fakulteit (3 persone)
- Verteenwoordigers van vroue-belange (2)
Opdrag
- Adviseer die Algemene Sinode oor die kerk se diens- en getuienisbediening
- Onderneem navorsing oor relevante bediening- en samelewingsvraagstukke
- Reël netwerke/forums vir die koördinering en ondersteuning van sinodes, ringe en gemeentes se diens- en getuienisbedieninge
- Ontwikkel vennootskappe rakende die kerk se diens- en getuienisbediening
- Verteenwoordig die kerk se diens- en getuienisbedieninge in nasionale en internasionale netwerke
- Skakel met die Staat en ander organisasies op nasionale vlak
- Ondersteun die sinodes, ringe en gemeentes se diens- en getuienisbedieninge met relevante bedieningsmateriaal en die nodige inligting
Saam met ander Christene
Die NG Kerk glo dat die kerk haar roeping tot diens en getuienis saam met ander christene moet uitleef. Die Verenigde Diensgroep vir Diens en Getuienis(VDDG) van die NG Kerkfamilie het tot stand gekom om uitdrukking hieraan te gee. Die ADD is ook betrokke in verskillende ekumeniese netwerke.
Strategiese vennote
In die uitvoering van die opdrag werk die Diens en Getuienisbediening met ‘n aantal strategiese vennote saam:
o Christelike Lektuurfonds
o Universiteit van Stellenbosch (Teologiese Fakulteit)
o Universiteit van Pretoria (Teologiese Fakulteit)
o Universiteit van die Oranje Vrystaat (Teologiese Fakulteit)
o Hugenote Kollege, Wellington
o Instituut vir Sendingwetenskaplike en Ekumeniese Navorsing (Universiteit van Pretoria)
o Bybelmedia
Voorsitter:
Prof PGJ Meiring
Camellialaan 327
LYNNWOOD GLEN
0081
Tel 012 420 2383
Skriba:
Ds WC van der Merwe
Posbus 13528
HATFIELD 0028
Tel 012 342 0092
Dagbestuur:
Prof Piet Meiring (Voorsitter)
Dr Gideon van der Watt (Ondervoorsitter)
Dr Willie van der Merwe (skriba)
Ds Willem Botha (addisionele lid)
Ds Carin van Schalkwyk (addisionele lid)
Dr Eddie Orsmond (addisionele lid)
Sinodale Verteenwoordigers
Wes-en Suid-Kaapland: EC Orsmond (p) F Meyer (s)
Noord-Kaapland: JJ Knoetze (p) BJP Booysen (s)
Oos-Kaapland: Ds DW Mouton (p) Dr A Oliphant (s)
KwaZulu-Natal: SW Scott (p) LS Schoeman (s)
Vrystaat: CM James (p) JP Robb (s)
Wes-Transvaal: MJG du Plessis (p) CJ Smit (s)
Noordelike Sinode: MJP Grobler (p) DG Jordaan (s)
NG Sinode Hoëveld: JD Louw (p) HJ Jacobs (s)
Oostelike Sinode: AM Meiring (p) JH Fourie (s)
Namibië: MC van Rensburg (p) JA Theron (s)
Kundiges:
Dr JG Botha (Wes-Kaapland)
Dr RB van Aarde (KwaZulu-Natal)
Ds WJ Botha (OVS)
Ds CJ Swart (Wes-Kaapland)
Ds AJ Mocke (Wes-Transvaal)
Ds JH van Loggerenberg (Noordelike Sinode)
Ds ANE Louw (Oostelike Sinode)
Dr ME Grobler (Namibië)
Ds JvW du Plessis (Wes-Transvaal)
Sinodale personeel:
WC van der Merwe (Algemene Sinode)
HJ van Deventer (Bybelmedia)








