|
# |
Web Skakel |
Treffers |
|
1 |
ABID ABID is die moderne, gerekenardiseerde argief en bestuursinligtingsdienste van die NG Kerk, en is geleë in die pragtige Stellenbosch. Ons by ABID staan gereed om jou as saakgelastigde, navorser en die kerk tot diens te wees.
|
446 |
|
2 |
Algemene Sinode NG Kerk Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk) bestaan as organisasie uit tien (10) sinodes. Nege sinodes is in Suid-Afrika. Die tiende sinode is in Namibië. Die sinodes in Suid-Afrika se grense volg min of meer dié van die provinsies van die land.
Elkeen van die verskillende sinodes het hulle eie sinodale struktuur met ‘n eie sinodale kantoor in die hoofsentrum (dorp of stad) wat daardie betrokke sinode bedien. [sien kaart] Elke sinode het ook jurisdiksie oor hulle eie werksaamhede.
Saam vorm die tien sinodes die Algemene Sinode van die NG Kerk. Die Algemene Sinode het in 1962 tot stand gekom. Die Kantoor van die Algemene Sinode is tans in Pretoria gesetel met ander administratiewe komponente (hoofsaaklik kommunikasie, media en argief) in Wellington, Bellville en Stellenbosch.
KANTOOR VAN DIE ALGEMENE SINODE
Klipkerk h/v Duncan en Pretoriusstrate
Ingang in Duncanweg by ysterhek net langs die kerk
Posadres:
Posbus 13528
Hatfield 0028
Pretoria
Tel: +27 (0)12-342-0092
Faks: +27 (0)12-342-0380
|
461 |
|
3 |
Die Kerkbode VANDAG SE KERKKOERANT VIR VANDAG SE KERKMENSE
Kerkbode verskyn die eerste en derde Vrydag van die maand.
|
908 |
|
4 |
Jonk ONK het ‘n hele paar fasette:
* JONK is die Taakspan vir Jeugbediening van die Algemene Sinode van die NG Kerk. JONK resorteer onder die Algemene Diensgroep van Gemeente-ontwikkeling en werk saam met ander Taakspanne aan die groot werk van die ontwikkeling van al die fasette van gemeentes in die NG Kerk. JONK het voorheen bekend gestaan as die Algemene Jeug Kommissie (AJK) maar funksioneer sedert die einde van 2006 met ‘n nuwe baadjie en samestelling.
* JONK wil graag ‘n diens lewer aan jeugbediening in Suidelike Afrika. Ons doen dit deur netwerke, die verskaffing van bronne, skakeling met die NG Kerk se streeksinodes, die hande vat met ander kerke, navorsing, gesprekke oor tendense, eie bedieninge en eie projekte. Hierdie webtuiste is deel van die manier waarop ons graag jeugbediening wil dien.
* JONK is ook ‘n gemeenskap van persone wat deeltyds of voltyds werk binne die wye veld van jeugbediening. Indien jy deel word van die JONK gemeenskap, word jy ingetrek in ‘n netwerk van persone wat jeugbediening in al sy fasette, ekumenies en nasionaal op die hart dra.
* JONK het sewe waardes waarbinne ons graag wil groei en funksioneer:
o Vertroue
o Inklusiwiteit
o Diversiteit
o “Less is more”
o Beïnvloed en Bemagtig
o Roeping
o Kontinuïteit
Ons nooi jou om deel te raak van hierdie netwerk, golf, beweging en energie! Jonk is bedoel vir almal wat JONK is! Jonk leef! Jonk bedien!
|
653 |
|
5 |
Flam Die opdrag van die Algemene Sinode was:
- om ‘n meganisme te skep waarvolgens nuwe, inheemse en eietydse liedere deurlopend in die kerk opgeneem kan word
- en om riglyne vir die skep van nuwe liedere daar te stel
FLAM se opdrag is dus nie net om musiek vir kleiner kinders en tieners te skep nie – alhoewel dit ’n baie belangrike fokus van ons werk is. Ons besef dat daar ’n geweldige behoefte is aan goeie kinder- en tienermusiek, veral vir van die liedere wat jy ook tydens ’n erediens kan gebruik. Dit is egter ook die moeilikste deel van ons werk en ons is die eerste wat sal erken dat ons nog nie wat dit betref gearriveer het nie. Ons werk regtig hard aan hierdie afdeling van ons taak.
Maar FLAM is veel meer as net ’n werkgroep vir jeugmusiek.
Ons wil juis ook ’n erediensstyl bevorder waar oud én jonk, met ’n meer verteenwoordigende spiritualiteit, sáám die Here kan dien en aanbid.
Ons wil juis musiek vir sulke familiegerigte (intergeneratiewe is die woord wat ek hoor die slim mense gebruik) eredienste beskikbaar stel.
|
719 |
|
6 |
TEO Welkom by dié webdiens van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria. Hierdie webblad wil veral die twee deelnemende vennote van die Fakulteit, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die Nederduits Gereformeerde Kerk bedien, maar terselfdertyd wil ons ook ‘n wêreldwye diens lewer. Almal is dus welkom.
Ons doel is om deur middel van kort wetenskaplike artikels die groot en wye wêreld van die teologie nader aan die predikante te bring. Kerklike bediening roep immers om teologiese besinning, daarom moet teologiese wetenskap ook in die prediking en die pastoraat gestalte kry. Wetenskaplike insigte van hierdie aard word in die afdeling ‘Preekhulp’ deur middel van eksegetiese inligting en meditasies weerspieël. Maar dis nie al nie. Ons diens aan die kerk sluit ook sekulêre rubrieke in oor woordkuns, nootkuns, ligkuns en klipkuns. Ons banier is saamgestel uit die twaalf brandglasvensters van Marc Chagall wat die twaalf stamme van Israel simboliseer: gaan lees meer oor hierdie kunstenaar en sy werk by kwaskuns.
|
528 |