|
18 Maart 2010
Posted in
Kruisgewys -
Maart 2010
Registrasie as CPD Solutions-gebruiker vir VBO
ALLE GEBRUIKERS (VORIGE EN NUWE),
SIEN ASSEBLIEF STAP 4
Stap 1: Stoor die volgende kort nommer op u selfoon onder "VBO Krediete".
CPD Solutions sms kort nommer: 31029
Stap 2: Registreer as nuwe gebruiker: Stuur 'n sms wat slegs die letter r (dit staan vir registreer) bevat na 31029. Die stelsel sal aan u 'n sms terugstuur wat as volg lyk:
title=...initials=...surname=...profreg=...id=...COMPLETE YOUR DETAILS AND FORWARD TO 31029
Stap 3: Voltooi u besonderhede en stuur aan (forward) na 31029: Die oorspronklike teks en =teken moet steeds deel van u sms uitmaak. Vul u eie besonderhede in waar die spasies in die sms gelaat is. VBO-gebruikers los die profreg= veld skoon en vul die id= veld in. U sms behoort soortgelyk aan die volgende te lyk.
title=Ds initials=TR surname=Smit profreg= id=3301222500787 COMPLETE YOUR DETAILS AND FORWARD TO 31029
NB: U moet die sms aanstuur (forward) na 31029 en nie terugstuur (reply) na die nommer waar dit vandaan kom nie.
Nota: Om enige tyd in die toekoms u besonderhede na te gaan of te verander, kan u presies dieselfde proses volg (stap 2 en 3). Die sms wat u sal ontvang, sal dan reeds u bestaande besonderhede bevat.
Stap 4: Om u aan u gemeente te koppel, stuur 'n sms met die woord gemeente, gevolg deur 'n spasie en u gemeente se naam. Belangrik is dat die spelling soos in die Jaarboek gebruik word. Bv: Gemeente Bloemfontein-Noord. (Sien ook lys by: www.cpdsolutions.co.za/gemeente).
l Om u bywoning van 'n aktiwiteit te registreer: Stuur die aktiwiteitskode/s na 31029 deur 'n sms te skryf wat slegs die kodes lys, bv:
b12345 b11111 b22222 (vyf kodes kan per sms gestuur word).
Om u selfoonnommer te verander (stap 1): U moet die kodeweoord "numberchange" gevolg deur u ou selfoonnommer stuur aan 31029 bv.: numberchange 0831231234 NB: Hierdie sms moet van u nuwe selfoonnommer gestuur word. U sal 'n sms soortgelyk aan die volgende terug ontvang:
number=0831231234 number=0798881111 for TR Smit. IF THIS IS CORRECT, FORWARD THIS MESSAGE TO 31029 TO EFFECT CHANGE
Bevestig die verandering (stap 2): Indien die besonderhede soos verskaf korrek is, (sien voorbeeld bo) bevestig die verandering deur die sms, net so sonder enige veranderings, aan te stuur (forward, nie reply) na 31029.
U kan u bywoning kontroleer op ons webwerf www.cpdsolutions.co.za. Toegang word verkry deur u selfoonnommer en 'n pinkode. Op die webwerf is 'n skakel wat die pinkode aan u sal sms sodra dit benodig word. U kan ook vir Maritsa by Shepherd skakel indien nodig (051 401 3803 Maandag tot Donderdag tussen 08:00 en 13:00).
| < Vorige |
|---|




