|
09 September 2009
Posted in
Kruisgewys -
2009
John Koessler van Moody Bible Institute How do you build community in a small church? maak die belangrike punt dat gemeenskap (koinonia) in klein gemeentes deur sosialisering en diens werk, en gewoonlik in daardie volgorde. Lidmate raak baie keer betrokke juis as gevolg van die voordeel van sosialisering.
Daarom moet 'n mens waak teen 'n te sterk taak-gerigte benadering, wat juis dié behoefte aan sosialisering in die wiele kan ry. Dink bv. maar net aan die geweldige klem wat tafel-gemeenskap in die evangelies kry. Van Jesus se belangrikste onderrig het juis gebeur wanneer hulle saamgeëet het.
Kyk ook na sy bydrae oor The Dynamics of Small Church Ministry.
| < Vorige | Volgende > |
|---|




