AddThis Social Bookmark Button

Aan die voet van Ou Kaapse weg, aan Tokai se kant, lê 'n stukkie hoop vir soekendes binne en buite die tradisionele kerk! Dit is waar sowat 70 mense Sondagaande om 18:30 bymekaar kom om te aanbid en fees te vier, en daar is ook weekliks selgroepe.

Die kantoor vir Nuwe Gemeente-ontwikkeling en kerklike samewerking het saam met Vredelust- en Zwaanswyk gemeentes drie jaar gelede 'n vennootskap (NLM) begin om 'n sterk vernuwingsbediening in 'n hoofsaaklik Engelssprekende gemeenskap te plant, waar die tradisionele kerk sukkel om te oorleef. Mense is en bly ons besigheid! Daarom is ons visie "To transform lives and communities".

Met Celebrate Recovery (waar eensame en stukkende mense mekaar ondersteun), 40 Days of Community van Rick Warren en Kidsgames in Westlake vir 500 laerskoolkinders wil ons vir soekendes nuwe lewe en hoop gee sodat hulle saam geesdriftig kan raak oor Jesus. Ons probeer om alle spiritualiteite en ouderdomsgroepe by ons byeenkomste op Sondagaande te akkommodeer. Selfs vir die heel kleintjies is daar elke tweede week 'n poppekas. Meer inligting by Gokerk.

Add comment