|
10 September 2009
Posted in
Kruisgewys -
2009
Dons Kritzinger se boek Rethinking Ministry is 'n toonaangewende rigtingwyser vir nadenke oor klein gemeentes. Dit is die eerste in die Marturia reeks, waarvan die tweede, Mission in an African Way,'n uitstekende wegwyser vir nuwe missionêre denke is.
Hy kies teen 'n klerikale of professionele model ("a specialised elite in the church that came to monopolise the ministry" - p 22) vir 'n herontdekking van die priesterskap van alle gelowiges ("ministry has been given by Christ to the church, to be exercised in the church, for the church, and by the church" - aangehaal uit Oscar Feucht se Everyone a Minister van 1976, p 46). Dit kan meer missionaal geformuleer word, maar die idee van 'n lidmaat-gedrewe bediening, is baie belangrik.
Hy noem drie elemente van só 'n bediening: body ministry, teamwork en tentmaking.
Daarna beskryf hy vyf alternatiewe bedieningspatrone ('n verkorting van Fritz Lobinger se ses in sy artikel: "Why we should ordain proven Christians." In die African Ecclesiastical Review 17 (6), 1976:105-114):
- Paid unordained workers are introduced.
- No such workers are employed. The church is activated to do the necessary.
- The evangelist or lay worker is ordained an becomes the minister.
- An active congregation has a trained, ordained, but self-supporting minister.
- An active congregation has a team of self-supporting ministers.
Na 'n Bybelse begronding bespreek hy dan aspekte van só 'n bediening, te wete:
- ordening (wat hy weer in die hart van die gemeente en nie in die instituut begrond nie),
- bediening van die Woord en die sakramente (getrou aan sy body ministry vertrekpunt, nie klerikaal of professioneel ingeklee nie, maar gefundeer in die priesterskap van alle gelowiges)
- Eenheid en diversiteit
- Tentmakery
- Toerusting (wat hy development noem)
Hy sluit af met 'n paar praktiese riglyne, wat fokus op die veranderende rol van tradisionele leraars, hoe tentmakery ingefaseer behoort te word, hoe lidmate toegerus kan word, en hoe dit teologiese opleiding sal raak, toegepas op 5 gemeente-kontekste.
| < Vorige | Volgende > |
|---|




