|
09 September 2009
Posted in
Kruisgewys -
2009
Jim Thomas gebruik die invloedsfeer model om klein gemeentes te help om hulle bedieningseffektiwiteit te meet (Sphere of Influence).
Hy gebruik 'n eenvoudige formule:
- Erediensbywoning = x aantal mense
- Teikengebied (gemeenskap) = y aantal mense
- Verdeel bywoners deur die teikengebied = Invloedsfeer
Indien jy in 'n groot voorstad bly met 20 000 inwoners, en julle gemeente 'n gemiddelde erediensbywoning van 500 het, is julle invloedsfeer op 'n Sondag maar 2.5 %. As jy egter in 'n klein dorpie met 2 000 inwoners bly, en 'n 100 mense daag op vir die erediens, is die gemeente se invloedsfeer 5%. Die kleiner gemeente se invloedsfeer is dus twee keer groter as die groter een s'n, hoewel op die oog af daar meer mense die groter gemeente se erediens bywoon.
Dit daag klein gemeentes uit om anders te dink oor hulle erediensbywoning, en eerder te fokus op die relatiewe invloed wat hulle binne die gemeenskap kan uitoefen.
| < Vorige | Volgende > |
|---|




