Barnabas - Publikasie

Kommentaar

RSS

Soek in vorige Kruisgewyse

Wie's hier?

Ons het 1147 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag106
mod_vvisit_counterGister128
mod_vvisit_counterHierdie week429
mod_vvisit_counterVerlede week769
mod_vvisit_counterHierdie maand2508
mod_vvisit_counterVerlede maand3288
mod_vvisit_counterAlle dae239405

Aanlyn (20 minute gelede): 3
Jou IP: 38.107.179.214
,
Today: Feb 22, 2012
AddThis Social Bookmark Button

teologie_transisie_header

Communitas het ‘n baie besondere konferensie gehou met 'n fokus op Teologie in tye van Transisie, ter viering van die bydraes van Coenie Burger.  
Hy was dié een teoloog wat ander ingenooi het vir ‘n voortgaande gesprek – nie alleen oor die dinamika van gemeentes nie, maar oor ‘n wye reeks van teologiese onderwerpe. Voortgaande gesprek is tiperend van Coenie se werk en leefstyl. Óf ons nou vergadering hou en óf ons net koffie drink, daar is altyd ‘n geleentheid om oor ‘n interessante nuwe teologiese tema gesprek te voer. Die gesprekke met Coenie is altyd verrykend, inklusief, uitdagend én voortgaande!
Coenie het ingestem vir die geleentheid op voorwaarde dat ons die konferensie so sal inrig dat ons nie net oor die verlede praat nie, maar saam onderskei oor die toekoms. Ons het dus teruggekyk oor die tydperk waarin sy loopbaan ontvou het, sodat ons saam kan vorentoe kyk!

Hier is nou 'n aantal van die bydraes van die konferensie, beide klankbane as Word en PowerPoint aanbiedinge.  Geniet dit!

Vriendelike groete

Frederick Marais

Communitas-Bestuurder

BYDRAES

AddThis Social Bookmark Button

Advent 2011 tot Koninkrykstyd 2012

Hier volg die fokustekste vir Jaar B van die RCL Leesrooster soos in die Preekstudies en liturgiese voorstelle gebruik word.  Klik op die Lees meer om dit op die webtuiste te kan lees.  Klik op die skakel na die Word dokument aan die onderkant van die artikel om dit af te laai.

Klik hier om die weeklikse PowerPoint en Word hulpmiddels van die Seisoen van Luister af te laai.

Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (Fokustekste 2011-2012.doc)Fokustekste 2011-2012Preekstudies en Liturgiese voorstelle148 Kb
AddThis Social Bookmark Button
Hierdie Kruisgewys fokus op leierskap in die konteks van gemeentes en die kerk. Daar is alreeds uitstekende literatuur oor dié onderwerp beskikbaar. Daarom is die artikels niks méér nie as ’n beskeie poging om ’n paar prentjies van leierskap te teken wat leraars en ander geestelike leiers in die toewyding aan hulle roeping kan stimuleer.

Paulus beskryf leierskap as een van die gawes van die Heilige Gees wat bedoel is vir die opdivbou van die liggaam van Christus (Rom 12:8). Vir hom is leierskap teologies ingebed in sy verstaan van die doel en funksionering van die kerk as God se instrument in hierdie wêreld. Leierskap het daarom ’n bepaalde vormende invloed, sowel in terme van die gemeenskap van gelowiges as in terme van die impak van die kerk in die wêreld. Hierdie vormende invloed word deur ’n hele aantal verskillende tipes leierskapstyle en -funksies uitgeoefen, elkeen wat bydra tot die vorming van die kerk as “volgroeide mens”, om soos Christus te wees (Ef 4:11-16).

Mark Lau Branson (Forming God’s People) gebruik hierdie gedagte as vertrekpunt vir sy idee dat leierskap se doel in die kerk die vorming van ’n Godsgemeenskap is. Om dit effektief reg te kry, moet leierskap in ’n gemeente volgens hom op drie funksies fokus:

AddThis Social Bookmark Button

Ons het baie goeie terugvoer gekry oor die impak van die Pinksterreeks: In die spore van Barnabas. Ons sal dit steeds waardeer as jy 'n paar minute neem om vir ons ook oor jou gebruik van of deelname aan die Pinksterreeks in te lig. Dit sal baie help met die toekomstige beplanning vir die Seisoen van Luister se prosesse en produkte.

Klik hier om die meningsopname in te vul.

Klik hier om 'n opsomming van die meningsopname te lees.