Seisoen van Luister Argief
Die Seisoen van Luister voorsien elke week 'n PowerPoint en Word hulpmiddel vir gebruik saam met die fokusteks van die Leesrooster se Preekriglyne wat Bybel-Media in samewerking met Communitas uitgee.
Die uitgangspunte is die volgende:
- Dit sluit direk aan by die Seisoen van Luister se kultuur, styl en metodiek.
- Dit sluit direk aan by die Preekstudies met Liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar.
- Dit gebruik visuele media en verhale om ‘n erediens-ervaring te skep waarin ‘n egte ontmoeting met God en mekaar kan gebeur.
- Dit skep ‘n Familie-vriendelike toepassing vir die erediens.
- Die projek word steeds met die heelhartige ondersteuning van Bybel-Media moontlik gemaak.
- Daarom kan ons die PowerPoints en Word-lêers steeds gratis beskikbaar stel.
Die Seisoen van Luister het 'n eie webtuiste by www.seisoenvanluister.co.za. Elkeen van die PowerPoint en Word lêers word egter hier vir jou gerief gelys - in alfabetiese volgorde. Jy kan dit dus ook hiervandaan aflaai.
Tussen-in is daar ook 'n paar ander files wat jy miskien sal geniet!

