Artikels
|
21 Maart 2009
Posted in
Dienste -
Artikels
Die 500ste geboortedag van Johannes Calvyn (Jean Cauvin) word vanjaar op 10 Julie gevier. Daar word oral in die Gereformeerde wêreld oor sy nalatenskap nagedink, simposiums gehou en artikels gepubliseer.
As jy na inligting soek oor Calvyn om in jou bediening of gemeente te gebruik, kan jy die volgende skakels gebruik:
- By Communitas se tuisblad is daar 'n hele paar artikels wat verwysings na Calvyn bevat (78 verwysings) .
- Die volgende artikels by Communitas handel in hulle geheel oor Calvyn:
- Jaap Du Randt skryf oor Calvinistiese aktivisme en piëtistiese mistiek.
- Die week van gebed 2009 het dié jaar oor Calvyn se nalatenskap gegaan: Bid en werk tot eer van God – in die nalatenskap van Calvyn.
- Quintus Heine het 'n bydrae oor Calvyn en gebed gelewer.
- Coenie Burger het 'n bydrae gelewer: Calvyn oor Christus.
- Dirkie Smit het verlede jaar 'n bydrae gelewer op Hervormingsondag by die Derde Willie Jonker Gedenklesing oor Calvyn se Gereformeerde ekklesiologie en die wyse waarop hy die klem op die prediking as kenmerk van die kerk uitbrei met die gelyktydige noodsaak van luister ("en ook gehoor") in Boek III van sy Institusie.
- SJP Brand het 'n tesis geskryf oor Die logika van die geloof: Gebed as die raakpunt tussen rasionaliteit en ervaring by Rahner en Calvyn.
- GH Smit gee in Die ontwikkeling van 'n strategiese gemeentelike ekklesiologie - op pad na 'n missionerende bedieningspraktyk (Acta Theologica - UV) ‘n paar perspektiewe op Calvyn se keuse vir ‘n herder-kudde model as bedieningspraktyk, wat uitwys dat dié keuse ‘n goeie teenvoeter was vir die Roomse biegstelsel, maar tog onbedoeld ‘n kloof geskep het tussen leraars en leke wat lidmate onmondig gehou het. Baie lekker vertrekpunt om oor huisbesoek en verwante bedieningspraktyke te gesels!
Wikipedia het ook ‘n hele klomp inligting oor Calvyn. Die bestaande artikel daar is in Engels, maar miskien is daar iemand wat of kans sien om dit te vertaal of 'n nuwe artikel te skryf by die Afrikaanse Wikipedia?




