Baniere vir ons geloofstryd - Pinkster 2013

BelydenisvanBelharlogo-150

Baniere vir ons geloofstryd

Banier

Kommentaar

RSS

Soek in vorige Kruisgewyse

Wie's hier?

Ons het 13 gaste aanlyn

Besoekers

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag4
mod_vvisit_counterGister88
mod_vvisit_counterHierdie week520
mod_vvisit_counterVerlede week607
mod_vvisit_counterHierdie maand1976
mod_vvisit_counterVerlede maand2445
mod_vvisit_counterAlle dae311799

Aanlyn (20 minute gelede): 2
Jou IP: 54.237.153.141
,
Today: Jul 25, 2014
AddThis Social Bookmark Button

Die Pinksterreeks van die Verenigde Diensgroep Diens en Getuienis (VDDG) vir 2014 deur prof Nico Koopman, dekaan van die Universiteit van Stellenbosch se Fakulteit Teologie is beskikbaar by Bybel-Media.

Klik hier: http://gemeentepakket.bybelmedia.org.za/noodkrete-vir-menswaardigheid/.

This 2014 Pentecost series is also available in English.

Please click here: http://gemeentepakket.bybelmedia.org.za/cries-for-a-humane-life/.

AddThis Social Bookmark Button
GDN het so pas sy forum vir 2014 gehad. Dit was 'n baie inspirerende ervaring op die pragtige Maselspoort. Gerhard en Marina van Shepherd het dit op voortreflike wyse gereël en die besoek aan die Boyden sterrewag was 'n hoogtepunt. Baie dankie!

Sestien verteenwoordigers van ons bykans dertig vennote het dié "bedieningsretraite" met mekaar onderneem waarin ons diep gereflekteer het oor wat in ons bedieninge aangaan. Ons sien uit na ons volgende forum in Stellenbosch. Let op dat dit vir 18-20 Maart 2015 beplan word.

Hier is 'n kort sinopsis van 'n paar van die belangrike gesprekke wat ons gehad het:

Hier is 'n uittreksel van die notule.  Die volledige notule kan onderaan afgelaai word.

Hier is ook die mp4 video van Bybel-Media waarvan in die notule gepraat word (84 MB).

Teenwoordig

Die volgende lede was teenwoordig:

Barnard Steyn, Ben van Dyk, Chris van Wyk, Frederick Marais, Gawie van Jaarsveld, Gerhard Botha, Gielie Loubser, Howard du Toit, Japie Coetzee, Kobus Schoeman, Kobus van Tonder, Lyn van Rooyen, Nico Simpson, Pieter Fourie, Willem Pretorius (jnr.)

Vennote

GDN bestaan tans uit die volgende 29 vennote:

Algemene Sinode NGK kantoor, Bybel-Media, CABSA, Christelike Gereformeerde kerk, Communitas, DIE PLAN, Excelsus, Fresh Expressions, Gereformeerde kerk, Helplift, Hervormde kerk, Hospivisie, Hugenote Kollege, NGK Algemene Kuratorium, NGK Hoëveld sinode, NGK Kerkspieël, NGK KZN sinode, NGK Namibië sinode, NGK Noordelike Sinode, NGK Noord-Kaapland sinode, NGK Oos-Kaapland sinode, NGK Oostelike Sinode, NGK Oranje Vrystaat sinode, NGK Wes-en-Suid-Kaapland sinode, NGK Wes-Transvaal sinode, NIMSA, Shepherd, Sentrum vir Kontekstuele Bediening, Toerustingsburo Interkulturele Werkers

Agenda

  1. Terugvoersessie
  2. Missionale Kerkwees
  3. Kerkspieël en Navorsing
  4. Innovasie
  5. Die Bemagtiging van Ringe
  6. Brug-predikante
  7. Bybel-Media
  8. Cabsa
  9. Hospivisie
  10. Kruisgewys
  11. Webtuiste
  12. Toekoms
  13. Volgende forum
  14. Bestuur

1.  Terugvoer sessie

Soos gewoonlik het ons Woensdagaand begin met ’n terugvoer sessie waarin ons gefokus het op die dinge wat ons die afgelope jaar geleer het in ons bedieninge.  Die volgende aspekte het uitgestaan, hoewel ons wyd gesels het en só ’n notule nie alles kan reflekteer nie:

Die krag en sinergie van spanne

Die feit dat mense in sommige van ons sisteme beter gekonnekteer word aan ander wat dieselfde bedoeling en intensie het, bring hulle op vlakke van bediening wat hulle nie op hulle eie kan doen nie.  Ons het ’n hele paar stories daaroor gedeel, van boeke wat geskryf is, tot netwerke wat rondom sekere uitsette ontstaan het (Frederick Marais). 

Ons het veral kennis geneem van die wonderlike inisiatief rondom #imagine wat volgende naweek op verskillende plekke in ons land gehou word.  Die span (Gielie Loubser) is diep dankbaar oor die diverse span mense wat “opgedaag” het om gestalte te gee aan die visie.  Tydens die forum het ons ook kennis geneem dat ’n 1000 verdere tieners ingeskryf het waaroor ons almal baie dankbaar is.  Meer as 7000 tieners word nou verwag!

Die krag van spanne wat beskikbaar is, wat opdaag by plekke, moet ons nooit onderskat nie (Lyn van Rooyen).  Japie Coetzee het ons herinner aan Jesus wat 72 “ander” gekies het om deel van Sy proses te word. Dit is immer so, soos Gerhard Bothma ons herinner het, dat niks van belang tot stand kom as daar nie ’n span is wat doelgerig daaraan werk nie.  ’n Mens moet net die regte mense in die span kry.

Pieter Fourie het egter ook gewaarsku dat ’n span ook ’n “mob” kan word, waarop ons gesels het oor die waarneming dat “Ideology kills”!  Dit het ons ook op ’n paar plekke in ons sisteem gesien.  Tog moet dit ’n mens nie negatief stem nie, maar die proses vertrou (Japie Coetzee).  As ’n mens inskiklik raak, bevestig dit soms die visie uit ’n ander oord, soos uit ’n storie uit die Oos-Kaap bevestig is (Chris van Wyk).

Gerhard Botha het ons ook herinner daaraan dat daar baie geleenthede rondom armoede is om spanne by betrokke te maak.

Die krag van openbaring en die bewegings van die Gees

Barnard Steyn het ons herinner aan die krag van die insig wat mense kry wat visies oopmaak vir ander wat hulle roeping direk beïnvloed.  Nico Simpson het dit geëggo en ons herinner daaraan dat die krag van ’n droom ongelooflik is, soos ons dit sien in #imagine.

Veral wanner ons dit regkry om God se wil saam te onderskei, gebeur daar wonderlike sinergie (Ben van Dyk).  Hy verwys spesifiek na die boek van Olsen daaroor, wat ’n sterk saak uitmaak vir die gesamentlikheid van geloofsonderskeiding.

Frederick Marais het dit gekoppel aan die bewegings van die Gees, waarvoor ons beter antennas moet ontwikkel.  Dit is bv. hoe #imagine ontstaan het, waar die beweging waarmee die Gees reeds besig was, deur iemand en uiteindelik ’n span raakgesien is en tot ’n groot inisiatief gegroei het.

Ons dink dat ons moet leer om dit beter te kan raaksien.  Ons het sisteme nodig soos (in die fliek) Contact om die bewegings op te tel!

Ons moet ook rekening hou met die eb en vloei van bewegings (Ben van Dyk).

Knelpunte

Ons het kennis geneem van die breë waarneming dat baie families onder skoot is, selfs in gemeentes wat goed doen met familie bediening, maar waar daar tog kinders is wat steeds kla oor emosionele verwaarlosing (Barnard Steyn).

Ons het kennis geneem van die groeiende tendens om diversiteit te omhels in die kerk (Howard du Toit) soos in die NGK die geval is met die Belhar proses wat ruimte maak vir mense met verskillende oortuigings.  Ons sien egter ook dat dié proses op plekke deur polarisasie gekortwiek word, waarin mense met sterk oortuigings oor Belhar – aan beide kante van die spektrum – die ander wil bykom deur die ruimte vir ander standpunte te probeer verminder of selfs te verwyder.  Ons moet dus altyd waak teen polarisasie en werk vir die akkommodering van diversiteit.

Frederick het ons ook gewys op die moontlikheid dat ’n mens die evangelie kan verwater in die proses, soos ons bv. by die PKN (Protestantse Kerk in Nederland) sien, waar in die proses waar die PKN kerke wil plant, vrysinnige groepe hulle ook die reg opeis om dit te doen, maar hulle kerke wil plant met bv. ‘n vreemde liturgie wat teen die Christelike etos van die res indruis.

Ons sien egter dat die Fresh Expressions beweging bo verwagting goed werk om nuwe ontwikkelinge te begin wat binne die verband bly en deel van die Christelike etos bly.  Ons sal graag meer plaaslike stories daarrondom wil hoor.

Sake vir toekomstige gesprek

Ander sake waaroor ons verder wil gesels:

  • Hoe ontwikkel ons aanpasbare vinnige-reaksie sisteme wat Christelike inhoud volhoubaar beskikbaar kan stel vir diverse plaaslike geloofsgemeenskappe in die groei en taan fases?
  • Hoe om bewegings te begin (of by aan te sluit) en daaraan mee te werk in diverse gemeente kontekste.
  • Hoe om kerkrade te skuif van debat na dialoog in geloofsonderskeiding.
  • Menswaardigheid en gender
  • Kategese prosesse
  • Ons denke moet beter in kerklike sisteme ingedra word.  Hoe vryf ons af as ons hiervan verder gaan.  Ringe is miskien is miskien ’n plek waar ons verbeelding kan indra.
Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (GDN Forum Maart 2014 Notule.doc)GDN Forum Maart 2014 Notule.doc 127 Kb
AddThis Social Bookmark Button

KGmrt2014cover-200Dit is opvallend dat die apostel Johannes, vroeg in die Openbaring aan hom, sewe briewe aan die sewe gemeentes in Turkye skrywe, wat telkens met dié woorde begin: “Skrywe aan die leraar van die gemeente in ...” (Open 2-3).

Dat die briewe telkens ook aan die hele gemeente gerig is, neem nie weg dat dit in die eerste plek aan die leraar of boodskapper (enkelvoud) van die gemeente gerig is nie. In die Goddelike ekonomie was die leierskap van die gemeente ’n belangrike sleutel tot die gesondheid en geestelike volwassenheid van die gemeente.

As die Here Jesus Christus dit dus goedgedink het om leraars spesifiek met ’n boodskap vir hulle konteks te bedien, kan die kerk min beter dinge doen as om Hom daarin na te volg. Kruisgewys fokus daarom in hierdie uitgawe op die Verdere Bedieningsontwikkeling van leraars in die onderskeie kerklike kontekste van ons lesers. Meer inligting is ook op die onderskeie webtuistes beskikbaar.

VBO (Voorgesette – of Verdere – Bedieningsonderrig) word ál hoe noodsaakliker, veral omdat dit redelik algemeen aanvaar word dat leraars ’n baie belangrike rol in die ontwikkeling van gemeentes speel – selfs ’n bepalende rol, soos onlangse navorsing in Wes-en-Suid-Kaapland onder andere uitwys.

Dit is vandag egter nóg belangriker. Leraars word toenemend aan oorgangs­uitdagings blootgestel. Hierdie uitdagings kom nie net van die veranderende interne kontekste in gemeentes nie, maar óók van die veranderende eksterne kontekste van die gemeenskappe waarin die evangelie van Jesus Christus beleef en uitgeleef word.

Daarom moet die kerk toenemend op die ontwikkeling van leraars fokus. Ons volg ook die Here Jesus hierin na!

Hierdie uitgawe is ’n handige hulpmiddel vir leraars om hulle eie verdere bedieningsontwikkeling te beplan. Die inligting uit diverse kontekste en van verskeie van ons vennote, verseker dat daar ’n verskeidenheid van aanbiedings is waaruit jy kan kies – selfs al is dit in ’n ander gebied as jou eie kerklike konteks of sinode.

Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (10 gevolgtrekkings.doc)Tien gevolgtrekkings oor die stand van gemeentes Frederick Marais33 Kb
Download this file (Communitas gons met VBO-kursusse.doc)Communitas gons met VBO-kursusse en konferensies Wilma le Roux44 Kb
Download this file (VBO nuut.doc)VBO, nuut en geïntegreerd Gerhard Botha25 Kb
Download this file (Anders, maar een.doc)Anders, maar eenGerhard Botha27 Kb
Download this file (Om boek te hou van die goeie.doc)Om boek te hou van die goeie Gerhard Botha29 Kb
Download this file (CGTS beklemtoon plaaslike gemeentes se rol in opleiding.doc)CGTS beklemtoon plaaslike gemeentes se rol in opleidingGerhard Olivier29 Kb
Download this file (NIMSA in diens van Gods koninkryk.doc)NIMSA in diens van Gods koninkrykJohan van Loggerenberg en Howard du Toit28 Kb
Download this file (Excelsus.doc)Excelsus het ’n vol leeraanbodAndre Bartlett25 Kb
Download this file (boekbekendstelling.doc)Gevorm deur die kruisFrederick Marais, Nico Simpson, Chris van Wyk27 Kb
Download this file (KGmrt2014.pdf)Hele Kruisgewys in pdf formaat 3982 Kb
AddThis Social Bookmark Button

KG-nov-2013-coverDaar is groeiende wanhoop by baie mense oor die krake wat al hoe wyer in ons samelewing oopskeur.

Ons sien dit nie net in die verhale van korrupsie en verval op nasionale vlak wat veral in die infrastruktuur, onderwys en gesondheidsisteme sigbaar is nie, maar ook in die onrusbarende toestande wat op plaaslike gemeenskapsvlak heers, méér spesifiek op die gebied van gesinne en families.

Disfunksionaliteit, armoedesiklusse, immoraliteit, middelafhanklikheid en opstande is maar net ’n paar van dié probleme. Om jongmense in sulke omstandighede met ’n droom vir die toekoms groot te maak, is voorwaar ’n uitdaging!

Die storie van Wangari Maathai (met dank aan www.seisoenvanluister.co.za) inspireer my egter in dié verband, veral omdat Kenia dié afgelope tyd so in die nuus was.

Toe Wangari in Kenia grootgeword het, was dit ’n pragtige, groen land. Nadat sy jare lank weg was en weer teruggekeer het, was sy geskok om te sien hoe die land verander het. Al die bome was uitgekap en die land was vaal en droog. Vroue moes ver loop om hout vir hulle vure te kry. Erosie het die grond al meer weggespoel.

Wangari het besluit om bome te begin plant. In 1977 het sy nege boompies in haar agterplaas geplant en van die plaaslike vroue gekry om óók bome te begin plant. Toe sy in 2004 die eerste vrou uit Afrika geword het wat ’n Nobelprys vir Vrede kry, het haar beweging al 30 miljoen bome geplant, was daar 6 000 kwekerye in Kenia, is 80 000 mense se inkomste verbeter en het die beweging oor 30 lande in Afrika heen versprei!

Die bekende gesegde sê ’n mens moet bome plant asof jy vir ewig gaan lewe. Dit beteken jy moet nooit ophou bome plant nie. Jy verryk jou eie lewe, en jy bevestig die hoop op God se trou. Die komende geslagte gaan die vrug van jou visie en hoop pluk en God vir jou dank.

My gebed is dat iets van hierdie gesindheid ons harte en lewe sal aangryp. Dat dit ons sal inspireer om – by wyse van spreke – bome in ons gemeenskappe te begin plant.

In hierdie uitgawe van Kruisgewys fokus ons op die “bome” – met apologie aan Hettie Britzz! – wat ons in terme van ons families en jongmense kan plant.

AddThis Social Bookmark Button
Met die groeiende missionale beweging in die kerk waar steeds méér en méér op die missie van God gefokus word, word daar toenemend programme en prosesse geskep wat lidmate daarvoor kan toerus. Waar lidmate immers bemagtig word om op hulle geloofsreis grense oor te steek en betrokke te raak waar God besig is, dáár gebeur die koninkryk van God.

kgaugcover-200Dit beteken egter dat sleutelbedieninge in die kerk herbedink moet word. Nuwe sakke moet vir ou wyn ontwerp word, anders neem die status quo net weer té maklik oor. Dit raak eintlik alles in die kerklike bediening: kategese, leierskap, ampte, belydenisaflegging, bedieninge en nog talle meer.

In hierdie Kruisgewys gee ons geleentheid aan ’n aantal leiers wat oor lidmaatbemagtiging nadink om hulle gedagtes met die breër kerklike publiek te deel. Die doel aan die een kant is blootstelling aan nuwe gedagtes. Aan die ander kant is dit ook bedoel as ’n bydrae tot ’n gesprek.

Ons nooi dus lesers uit om hiermee in gesprek te tree. Dit kan in kommentaar op die webtuiste gedoen word (www.gemeentes.co.za), of in die vorm van artikels wat vir oorweging in toekomstige uitgawes van Kruisgewys ingestuur word.

AddThis Social Bookmark Button

Wat sien ons in Kerkspieël 2010?

Meningsopname van erediensbywoners

KG-June-2013-cover-200Gemeentedienstenetwerk (GDN) het op 6-8 Maart 2013 hulle jaarlikse forum op uitnodiging van Excelsus in Pretoria gehou. Dit was ook die 10de verjaarsdag!

Die hooffokus was om die implikasies van die 2010-vraelys van Kerkspieël vir erediensbywoners in terme van ons vennote se dienslewering aan gemeentes te verreken.

In hierdie uitgawe van Kruisgewys gee ons aandag aan aspekte daarvan. (Die volle verslag waarop die artikels berus, kan hieronder afgelaai word).

  • Kobus Schoeman – Kerkspieël gee lidmate stem –’n inleiding oor die bronne en vertrekpunte van die erediensbywonersvraelys.
  • Chris van WykHoe lyk gemeentes in die spieël? –’n kort oorsig oor die belangrikste resultate uit die vraelys wat met die gemeente verband hou.
  • Chris van WykSó word gemeentelede se geloof gespieël – ’n kort oorsig oor die belangrikste resultate uit die vraelys wat met geloof verband hou.
  • Chris van WykHoe lyk lidmaatbetrokkenheid in die spieël? – ’n kort oorsig oor die belangrikste resultate uit die vraelys wat met lidmate se betrokkenheid verband hou.
  • Chris van Wyk’n Paar laaste vrae aan Kerkspieël – gee ’n kort oorsig oor ander sake uit die vraelys wat met onder andere rolverwagtings en die toekoms verband hou.
  • Kobus SchoemanTien sterkpunte wat die spieël ons wys– groepeer van die vrae sáám en gebruik dit as lens om die resultate van die vraelys rondom 10 sterkpunte van gemeentes uit te lig.
  • Chris van WykDie spieël wys tien uitdagings – kyk na 10 uitdagings vir die kerk vanuit die resultate van die vraelys.
  • Danie MoutonGemeentes respekteer nog die Bybel – gebruik die resultate van die vraelys om die transformasiepotensiaal uit te lig wat skuil in die respek wat lidmate vir die Bybel het.
  • Peter MalanHelplift Netwerk – stel ’n nuwe kreatiewe gemeenskapsforum bekend wat gemeentes en lidmate help om ’n praktiese kultuur van omgee en mededeelsaamheid te ontwikkel.
  • Chris van WykDeurbrake wat GDN in die bediening sien – bespreek ses deurbrake wat ons in die onderskeie bedieninge van die GDN-netwerk waarneem wat baie hoopvol vir die toekoms is.
Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (01 Die stem van lidmate.doc)01 Die stem van lidmate.docKobus Schoeman31 Kb
Download this file (02 Hoe lyk gemeentes in die spieël.doc)02 Hoe lyk gemeentes in die spieël.docChris van Wyk27 Kb
Download this file (03 So word gemeentelede se geloof gespieël.doc)03 So word gemeentelede se geloof gespieël.docChris van Wyk29 Kb
Download this file (04 Hoe lyk lidmaatbetrokkenheid in die spieël.doc)04 Hoe lyk lidmaatbetrokkenheid in die spieël.docChris van Wyk2421 Kb
Download this file (05 n Paar laaste vrae aan Kerkspieël.doc)05 n Paar laaste vrae aan Kerkspieël.docChris van Wyk221 Kb
Download this file (06 Tien sterkpunte wat die spieël ons wys.doc)06 Tien sterkpunte wat die spieël ons wys.docKobus Schoeman73 Kb
Download this file (07 Die spieël wys tien uitdagings.doc)07 Die spieël wys tien uitdagings.docChris van Wyk26 Kb
Download this file (08 Gemeentes respekteer nog die Bybel.doc)08 Gemeentes respekteer nog die Bybel.docDanie Mouton31 Kb
Download this file (09 Helplift Netwerk.doc)09 Helplift Netwerk.docPieter Malan25 Kb
Download this file (10 Deurbrake wat GDN in die bediening sien.doc)10 Deurbrake wat GDN in die bediening sien.docChris van Wyk26 Kb
Download this file (KG June 2013.pdf)KG June 2013.pdfDie hele Kruisgewys Junie 20134736 Kb
Download this file (Bywoon verslag 1.doc)Bywoon verslag 1.docDie verslag waarop dié artikels gebaseer is480 Kb
AddThis Social Bookmark Button

Maart-2013-omslag

Een van die sleutelkwessies van ’n Christelike lewens- en wêreldbeskouing is hoe oor menswaardigheid gedink word.

 

Menswaardigheid vorm ’n belangrike deel van die sosiale, maatskaplike, geregtelike, ekonomiese en politieke perspektiewe op menswees wat in ’n grondwet van ’n land vervat sou kon word. Die kerk kan egter nie sy mensbeskouing klakkeloos aflees uit die sosiale akkoord van ’n spesifieke gemeenskap nie. Die kerk se perspektief op menswaardigheid word fundamenteel geskoei op ’n verantwoorde Bybels-teologiese teosentriese mensbeskouing wat die basis vorm van gesprek met enige ander vennote oor menswaardigheid.

Die Algemene Sinode van die NG Kerk het besluit om ’n Seisoen van Menswaardigheid te loods. Dit behels nie net deeglike navorsing oor menswaardigheid nie, maar ook baie praktiese projekte.

’n Taakspan wat reeds werk in dié verband gedoen het, lewer ’n aantal perspektiewe wat hierdie uitgawe van Kruisgewys as basis vir gesprekvoering publiseer. Baie van hierdie artikels vind aansluiting by die Belydenis van Belhar as gespreksgenoot, aangesien dié belydenis ’n eietydse verwoording van menswaardigheid verteenwoordig.

Lesers kan verder aan dié gesprek oor menswaardigheid deelneem by www.gemeentes.co.za. Die waardes van respek, luister, omarming en onselfsugtigheid begelei die Seisoen van Menswaardigheid en geld ook vir die gesprek tussen lesers.

  • Gerrit Brand, Nelis Janse van Rensburg en Elize Morkel trek in Inleiding: Waarom menswaardigheid? die breë lyne waarbinne dié gesprek oor menswaardigheid gevoer kan word.
  • Julie Claassen skets in Gender en menswaardigheid die stereotipes en kategorisering van mans en vroue wat baie keer op ’n subtiele misbruik van mag berus.
  • Nico Koopman skryf in Die Heilige Gees help rassisme oorwin dat ons rassisme na behore in terme van houdings, samelewingstrukture en godsdienstige beskouings moet beskryf.
  • Pieter Grove maak in Menswaardigheid en armoede ons deeglik bewus van die kompleksiteit van armoede en die verweefdheid daarvan met ander samelewingsfaktore.
  • Charlene van der Walt skets in Seksualiteit en menswaardigheid die effek wat die dominante hetero-normatiewe storie van menswees op houdings teenoor homoseksuele persone het.
  • Mia Lindveldt maak in Gestremdheid en menswaardigheid ’n sterk saak daarvoor uit dat menswaardigheid nie gedefinieer kan word uit “dit wat die persoon nie het nie”, maar eerder na aanleiding van wat in God se hart vir mense met gebreke in die Bybel gesien kan word.
  • Llewellyn McMaster bespreek in Geweld en xenofobie die kultuur van geweld waarin horisontale sosiale verhoudings en interaksie baie keer deur gewelddadige, eerder as nie-gewelddadige metodes, beheer word.
  • Anton van Niekerk vind in Siekte en menswaardigheid sy etiese vertrekpunt in die vroeë kerk se medelye, barmhartigheid en bereidheid om vir ander mense op te offer, volgens die voorbeeld van Jesus, die “Groot Geneesheer”.
  • Gerrit Brand werk in Kultuurverskeidenheid en menswaardigheid met die belangrike vertrekpunt dat mense eers deur ander mense méns is. Daarom kan hulle waardigheid, dit wil sê hulle verhouding met God en die lewe waarvoor hulle bestem is, nooit los van hulle verhouding en interaksie met ander mense gesien word nie.
Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (Armoede en menswaardigheid.doc)Armoede en menswaardigheid.docPeter Grové33 Kb
Download this file (Calvyn die Marikana-myn en De Doorns.doc)Calvyn die Marikana-myn en De Doorns.docRoelf Haan25 Kb
Download this file (Evolusie en Christelike geloof ontmoet mekaar - boekbekendstelling.doc)Evolusie en Christelike geloof ontmoet mekaar - boekbekendstelling.docJaap Durand26 Kb
Download this file (Exelsus laat jou tot fliek ook.doc)Exelsus laat jou tot fliek ook.docAndré Bartlett25 Kb
Download this file (Gender en menswaardigheid.doc)Gender en menswaardigheid.docJulie Claassens29 Kb
Download this file (Gestremdheid en menswaardigheid.doc)Gestremdheid en menswaardigheid.docMia Lindfelt29 Kb
Download this file (Geweld en xenofobie.doc)Geweld en xenofobie.docLlewellyn M MacMaster30 Kb
Download this file (Heilige Gees help rassisme oorwin.doc)Heilige Gees help rassisme oorwin.docNico Koopman32 Kb
Download this file (Kultuurverskeidenheid en menswaardigheid.doc)Kultuurverskeidenheid en menswaardigheid.docGerrit Brand30 Kb
Download this file (Menswaardigheid n sleutel-Christelike kwessie - redakteursbrief.doc)Menswaardigheid n sleutel-Christelike kwessie - redakteursbrief.docChris van Wyk25 Kb
Download this file (Seksualiteit en menswaardigheid.doc)Seksualiteit en menswaardigheid.docCharlene van der Walt30 Kb
Download this file (Siekte en menswaardigheid.doc)Siekte en menswaardigheid.docAnton van Niekerk30 Kb
Download this file (Verdien jou VBO-punte.doc)Verdien jou VBO-punte.docPieter Fourie29 Kb
Download this file (Waarom menswaardigheid.doc)Waarom menswaardigheid.docGerrit Brand, Nelis Janse van Rensburg en Elize Morkel45 Kb
AddThis Social Bookmark Button

Kruisgewys-November-2012-voorblad

’N VRIEND sê my nou die dag tong-in-die-kies dat die kerk in die Verdere Bedieningsonderrig (VBO) van predikante twee dinge moet regkry:
  •  VBO moet dominees “goed laat lyk” wanneer hulle in die gemeente terug is.
  • VBO moet altyd vir dominees ’n hulpmiddel in die hand stop waarmee hulle in die gemeente en gemeenskap kan gaan werk.

Dié opmerkings gee op ’n effens humoristiese manier eintlik ’n diep waarheid van VBO weer.

Die uitkoms van ons toerustingsprosesse en -programme moet aan die een kant teologies en kontekstueel relevant wees om die gemeente se verbeelding te stimuleer. Aan die ander kant moet dit egter ook baie prakties en oordraagbaar wees. Anders bly VBO maklik net ’n interessante intellektuele oefening wat nie die manier waarop ons die bediening in gemeentes en die gemeenskap laat grondvat verander nie.

Hierdie Kruisgewys kyk daarom na wat die VBO-vennote van Gemeentedienstenetwerk (GDN) vir 2013 beplan. Ons fokus op Communitas, Shepherd, CABSA en Bybel-Media.
Uiteraard is dit net ’n seleksie van alles wat volgende jaar in terme van toerusting gaan gebeur. Daarom beplan ons om ook in die eerste uitgawe van 2013 verder aandag hieraan te gee.

Ons nooi ook enige van die ander vennote en deelnemende kerke uit om vir ons kort artikels van hulle beplanning vir toerusting vir 2013 te stuur. Dié inligting sal ook op die webtuiste www.gemeentes.co.za kom, waar genoeg ruimte daarvoor is.

In hierdie uitgawe kry jy die volgende artikels:

Kommentaar op toekoms van PPT en WORD hulpmiddels

  • Toekoms...
    Jy sal alle inligting kry by http://www.kontak.org.za/ Meer...
  • Toekoms...
    Suidkus wil graag aansluit met gemeentepakket van R2000. Sal ons van verskillende rekenaars met een wagwoord kan ingaa. Ek was lid by NOUS. Dankie fRANS kLOPPER Meer...
  • Toekoms...
    Ten minste kan jy dit raaksien! Die bydraes word nie gewoonlik deur ons oorgeskryf of geredigeer nie. Meer...
RSS